Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Pukke beklink Ussa-netbaltrofee

Dit is een toernooi wat die Maties graag wou wen, maar Ussa se netbaltrofee gaan staanplek kry in ’n trofeekas by die Noordwes-Universiteit.

Elsunet du Plessis is die afrigter van die Puk-netbalspan. Foto: Backpagepix

Die Puk-span het Vrydag in Johannesburg die eindstryd van die Ussa-toernooi teen die Maties met 38-33 gewen.

Die karakter en veggees wat die Potchefstromers Donderdag in hul naelbyt-halfeindstryd teen die Kovsies gewys het, het aan hulle bewys hulle kán die beker wen, sê Elsunet du Plessis, hul afrigter.

Hulle het in bykomende tyd met 48-44 gewen om ’n afspraak met die Maties te maak.

“Ons het vandag in die eindstryd meestal voorgeloop en het dit deurgetrek danksy ’n spanpoging,” sê Du Plessis.

“Die oorwinning beteken baie vir elkeen. Ons het ’n harde week gehad met baie wisselende emosies. Ek is baie trots op hulle.”

Monique Reyneke is die Puk-kaptein wat nou sy visier sal rig op sukses in die Varsitybeker-reeks.

Tuks, 2018 se kampioen, het derde geëindig nadat hulle die Kovsies in die uitspeelstryd met 41-37 geklop het.

* Tuks se tweede span het sy eindstryd teen die Maties sen tweedes met 57-30 gewen.

Meer oor:  Netbal  |  Pukke  |  Maties  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.