Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
R83 miljoen vir sporttrui ’n nuwe rekord

Een van die legendariese bofbalspeler Babe Ruth se New York Yankees-truie is die afgelope naweek vir $5,64 miljoen (meer as R83,4 miljoen) in New York opgeveil.

Babe Ruth was een van sport se eerste supersterre. Foto: Getty Images

Die BBC berig dit is die duurste stuk sportmemorabilia wat ooit verkoop is en verbeter die vorige rekord van $4,4 miljoen wat ’n koper in 2012 vir ’n soortgelyke Ruth-gedenkwaardigheid opgedok het.

Die trui is tussen 1928-1930 deur Ruth gedra in ’n lang loopbaan waarin hy een van sport se eerste supersterre geword het.

“Die nalatenskap en betekenis van Babe Ruth vir bofbal en Amerikaanse popkultuur is ongeëwenaard deur enige ander figuur in die geskiedenis van hierdie land,” sê David Hunt, president van Hunt Auctions.

“Hoewel Saterdag se rekordprys verstommend is, is ek glad nie verbaas nie gegewe die ongelooflike vertonings en mitiese status van Babe in die geskiedenis van die land.”

Die trui was een van 400 stukke van die speler se gedenkwaardighede wat deur Ruth se familie en private versamelaars verskaf en by die Yankee-stadion opgeveil is.

Die identiteit van die verkoper en koper is nie aan die publiek bekend gemaak nie.

Ruth het 22 seisoene in Major League Baseball meegeding en word wyd beskou as een van die beste spelers in die sport se geskiedenis.

Hy het sewe World Series-titels gewen en verskeie rekords in sy loopbaan verbeter voordat hy in 1935 uitgetree het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Veiling  |  New York Yankees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.