Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Red Beast’ sien kans vir groot Wilhelm

Josh Pretorius alias “Red Beast” deins vir niemand terug nie.

Daarom het hy dadelik die uitdaging aanvaar toe die boks-afrigter Alan Toweel hom onlangs namens sy bokser Wilhelm Nebe uitgedaag het.

Josh Pretorius sien uit na sy komende geveg teen Wilhelm Nebe. Foto: Facebook

“As dit nie vir Covid-19 was nie, sou ons baie vroeër teen mekaar geboks het. Maar soos sake nou staan, pak ons mekaar hopelik teen die einde van Mei,” sê Pretorius.

In sy laaste geveg in Desember verlede jaar het Pretorius teen Tian Fick met punte verloor.

Daardie geveg was om die vakante SA swaargewigtitel.

Fick het intussen aangedui dat hy dalk van die titel afstand gaan doen om hom teen internasionale teenstanders te toets.

Fick boks juis op 11 April in Kiëf in die Oekraïne teen Andriy Rudenko.

“As hy dit doen (van die titel afstand doen), wil ek in ’n posisie wees om vir die titel te baklei. Ek moet besig bly en ek moet my gevegte wen,” sê Pretorius.

Nebe is nog baie rou en het maar net vier beroepsgevegte agter die rug.

Daar is egter nie baie swaargewigte in die land nie en Toweel meen dat sy bokser baie kan leer deur te veg teen Pretorius, wat al 12 keer in die geldkryt in aksie was.

“Hy (Nebe) is baie groot. Fick was lank en Nebe is groot. Lank of groot, ek sien vir almal kans,” sê Pretorius.

Volgens hom sal hy waarskynlik in Blairgowrie in Randburg teen Nebe te staan kom.

“Hopelik sal toeskouers al teen daardie tyd by die geveg toegelaat word.”

Pretorius sê ook hy is bly oor die nuus dat Chris Thompson dit oorweeg om van junior swaargewig na swaargewig op te skuif.

Thompson het Pretorius in Mei 2017 in Durban met punte oor vier rondes verslaan.

Ná daardie geveg het Thompson afgeskuif junior swaargewigte toe, maar hy wil glo nou weer as swaargewig baklei.

“Hoe meer swaargewigte, hoe beter. Dit beteken meer gevegte,” meen Pretorius.

Wilhelm Nebe is ’n groot en aggressiewe jong bokser. Foto: Facebook

Vir Thompson skrik hy ook nie.

“Toe ons twee laas teen mekaar geboks het, het ek nog soos ’n skoorsteen gerook. Ek neem my boks deesdae meer ernstig op,” waarsku hy.

• Een van die opkomende sterre in die swaargewig-afdeling, Tony Yoka van Frankryk, boks Vrydagaand in Nantes teen Joel Tambwe Djeko van België.

Yoka het in 2016 die goue medalje op die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro gewen toe hy Joe Joyce van Brittanje verslaan het.

Die Fransman is tans ná nege gevegte in die beroepskryt onoorwonne. Djeko is veel meer ervare met 17 oorwinnings, twee nederlae en een gelykop-uitslag agter sy naam.

Die Europese Unie se swaargewigtitel sal in die geveg tussen Yoka en Djeko op die spel wees.

* Kyk hier hoe verniel Tony Yoka Johann Duhaupas in een van sy vorige gevegte:

Meer oor:  Boks  |  Wilhelm Nebe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.