Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Red Bull-baas boos oor duur botsing

Max Verstappen en Lewis Hamilton se botsing by die Britse Grand Prix het Red Bull $1,8 miljoen uit die sak gejaag met “massiewe gevolge” vir ’n span wat onder Formule Een se begrotingsbeperking moet bly.

Christian Horner, Red Bull se hoof, kyk verleë toe nadat Max Verstappen uit die Britse Grand Prix geboender is nadat Lewis Hamilton in om vasgery het. Foto: Getty Images

Die span se prinsipaal, Christian Horner, was uitgesproke in ’n rubriek wat Vrydag op Red Bull se webblad verskyn het waarin hy vertel dat die voorloper in die kampioenskap se sitplek gebreek is deur die botsing in die eerste ronde van Sondag se resies by Silverstone.

Hy gee Hamilton die skuld en sê Mercedes se wenner en sewemalige wêreldkampioen het lig daarvan afgekom toe hy met net 10 sekondes gestraf is.

“Gegewe die erns van die voorval en die toegeeflike straf, is ons besig om alle data na te gaan en het die reg om vir ’n verslag te vra,” het Horner gesê.

“Ons kyk daarom steeds na die bewyse en oorweeg al ons opsies.”

Verstappen het die resies begin met 33 punte voor Hamilton op die punteleer, nadat hy Saterdag die snelren gewen het, maar ná die ongeluk is sy voorsprong nou net agt punte nadat hy by Copse Corner uit die ren geboender is.

Hamilton het aan Verstappen se binnekant probeer verbykom en Verstappen het oorbeweeg, met die karre wat toe kontak gemaak het.

Horner het toe by die resies se direkteur, Michael Masi, gekla oor die wyse waarop Hamilton bestuur het en Mercedes se baas, Toto Wolff, het die beamptes gaan sien voordat hulle ’n besluit geneem het, met die Red Bull-hoof wat gevolg het.

Masi het Wolff vrygespreek, maar al die spanne is agterna gewaarsku dat hulle in die toekoms gestraf sal word as enige personeel die beamptes sonder ’n uitnodiging gaan spreek.

Lewis Hamilton vier sy oorwinning in Sondag se Britse Grand Prix. Foto: Getty Images

Horner sê hy het gegaan om ’n punt te maak dat dit nie reg was vir enige iemand om in te meng nie en was bly om duidelikheid vanaf die FIA (die beheerliggaam van Formule Een) te kry.

Hy het sy bestuurder verdedig teen beskuldigings van Mercedes en Hamilton dat Verstappen ’n “oor-aggressiewe bestuurder” is.

“Jy hoef net te kyk na die feit dat Max geen strafpunte op sy lisensie het nie en in onlangse jare aan geen oortredings op die baan skuldig bevind is nie,” het hy gesê.

“Die aggressiewe 17-jarige F1-nuweling Max Verstappen na wie Hamilton verwys, is nie dieselfde Max Verstappen as vandag s’n nie, net soos wat Hamilton nie meer dieselfde bestuurder is as toe hy die sport betree het nie.

“Die realiteit is dat Hamilton sy gelyke gevind het in ’n kar wat nou mededingend is, en ek stem saam dat albei bestuurders aan mekaar moet respek betoon, maar Hamilton was Sondag die oortreder.”

Horner sê verder dat hy teleurgesteld was met die “vlak van viering” deur Hamilton en Mercedes terwyl Verstappen in die hospitaal was om ondersoek te word. – Reuters

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Red Bull  |  Mercedes  |  Formule 1-Ren  |  Max Verstappen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.