Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Red Bull se Max begin nou vlerke kry

Red Bull is vinnig besig om die derde hond in die Formule Een-trop te word wat telkens met die been wegloop.

Terwyl Mercedes-Benz dink hy oorheers die seisoen en almal nog wonder wanneer Sebastian Vettel van Ferrari nou eendag sy ewenaar in rat gaan kry, vertoon Max Verstappen van Red Bull al hoe sterker.

Max Verstappen

Hy het al twee renne gewen en was nog twee keer op die wennerspodium. Hy is tans in die derde plek op die puntelys en 12 punte voor Vettel.

Daar was die afgelope week selfs gerugte dat die jong Nederlander sy kontrak met Red Bull ’n jaar vroeër kan beëindig en dat hy volgende jaar Valtteri Bottas se plek langs Lewis Hamilton by Mercedes-Benz kan inneem.

Dit is Vrydag deur Red Bull ontken.

Hamilton is deeglik bewus van Verstappen se vermoëns en hou hom seker fyn dop.

“Dit is goed om hulle (Red Bull) te sien vooruitgaan. Ons wil die mededinging hê,” het hy gesê.

Maar, het hy ook laat blyk, dit het hom nie juis benoud nie.

“Ek dink in baie opsigte is dit makliker om iemand in te haal, as wat dit is om die voorloper te wees.”

Hongaarse Grand Prix
Hongaarse Grand Prix
Hongaarse Grand Prix
Hongaarse Grand Prix

Hy sing moontlik vandag ’n ander deuntjie ná gister se kwalifisering vir die Hongaarse Grand Prix. Hy het die derde vinnigste tyd opgestel, sowat twee tiendes van ’n sekonde agter Verstappen en sy eie spanmaat, Bottas.

Dit is Verstappen, wat in sy vyfde seisoen deelneem, se heel eerste voorste wegspringplek. Ons kan verwag dat hy daardie voorsprong vanmiddag tot elke prys sal wil behou en as hy net eerste deur draai nommer een kan kom, sal hy sy posisie in elke draai en op elke pylvak aggressief verdedig.

Gister se uitslag is nog ’n les vir Hamilton, soos die een wat hy verlede naweek in Duitsland geleer het, dat niemand onaantasbaar is nie.

Die helfte van die Formule Een-seisoen is agter die rug en hy is tans 41 punte voor Bottas en 63 voor Verstappen.

Maar hy weet vandag daardie voorsprong kan maklik krimp.

“Ons weet hoe die naweek verloop het en ons weet presies hoe kwesbaar ons kan wees,” het hy in die week gesê oor die feit dat hy weens swak spanbesluite oor bandveranderings uit die Duitse bus geval het.

“Ek verwag ons gaan sterker wees en sal toesien dat wat ons die afgelope naweek ondervind het minder met ons gebeur,” het Hamilton gesê.

Dit kan net beteken dat Mercedes-Benz se span gaan probeer om nie ’n voet verkeerd te sit nie, wat moeilikheid vir die ander spanne beteken.

Van moeilikheid gepraat – Ferrari is baie verlig Vettel het verlede naweek in die tweede plek geëindig, maar weet heimlik dat dit nie werklik te danke was aan die motor of die Duitse voormalige kampioen se vasberadenheid nie. Dit was weens die Merc-span se kopfloutes en Hamilton se flaters – meer as in die gemiddelde Will Ferrell-fliek.

Meer oor:  Mercedes-Benz  |  Red Bull  |  Ferrari  |  Max Verstappen  |  Valtteri Bottas  |  Sebastian Vettel  |  Formule Een
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.