Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Reguit waarskuwing oor Schumi

’n Italiaanse neurochirurg sê Michael Schumacher se liggaam is waarskynlik “baie anders as die een wat ons onthou”.

Ons moenie verwag om dieselfde Michael Schumacher, hier saam met sy vrou, Corrina, te sien as hoe ons hom onthou nie. Foto: Getty Images

Dit gebeur min dat nuus oor die Formule Een-legende se gesondheid uitgelek word, maar volgens Nicola Acciari, ’n dokter by ’n hospitaal in Bologna, is Schumacher onherkenbaar teenoor hoe die wêreld hom onthou.

Die 50-jarige Duitser, wenner van sewe F1-wêreldtitels, het in Desember 2013 ernstige breinbeserings in ’n ski-ongeluk in die Franse Alpe opgedoen. Baie min inligting is sedertdien bekend oor die motorsportlegende se gesondheid, maar hy kan glo nie loop of staan nie.

“Ons moet onsself voorstel ’n persoon baie anders as die een wat ons van die renbaan onthou, met ’n baie gewysigde en verslegte organiese-, spier- en beenstruktuur,” het Acciari volgens NZHerald.co.za aan Italiaanse media gesê.

“Dit kan alles toegeskryf word aan die breinskade wat hy opgedoen het.”

Volgens Schumacher se goeie vriend en voormalige Ferrari-baas, Jean Todt, sukkel hy boonop steeds om te kommunikeer.

Schumacher word sedert September 2014 by sy huis in Switserland behandel.

Jean-Francois Payen, die eerste dokter wat vyf jaar gelede bevestig het Schumacher is nie meer in ’n koma nie, het in Desember aan die Duitse publikasie In Touch gesê daar is ’n plan om sy herstel soveel moontlik in die volgende klompie jare te bespoedig.

Die Franse chirurg Philippe Menasché het ook aan In Touch bevestig Schumacher het in September in Parys se Georges Pompidou-hospitaal stamselbehandeling ontvang.

“Ons het hom ontvang en daar behandel, maar dit was van meet af aan duidelik dat daar nie wonderwerke met hom sou gebeur gedurende terapie nie.”

Net ’n handjievol mense word toegelaat om Schumacher te besoek en sy vrou, Corinna, besluit glo wie hom mag sien.

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.