Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Renbaan-baas trap mis met ‘Bubba Rope’

’n Renbaan in Noord-Carolina is ’n paar vennootskappe kwyt toe sy eienaar “Bubba Rope” aanlyn te koop aangebied het, slegs dae nadat Nascar gesê het ’n hangtou is gevind in die garage van Bubba Wallace, die sport se enigste swart renjaer.

Nascar het Donderdag ’n foto van die hangtou geplaas wat in Bubba Wallace se garage gevind is. Nascar sê hy was korrek om te vrees dat ’n haatmisdaad gepleeg is teen die renjaer, wat later deur ’n FBI-ondersoek verwerp is. Foto: Reuters

ESPN berig Mike Fulp, wat die 311 Speedway-baan in Pine Hall besit, was verantwoordelik vir die omstredenheid.

Pulp het verlede week ’n advertensie op Facebook Marketplace geplaas, wat later verwyder is. “Koop jou Bubba Tou vandag vir slegs $9.99 elk. Die produk het ’n lewenslange waarborg en werk uitstekend,” lui die advertensie.

Volgens die koerant Winston-Salem Journal het ’n beton-maatskappy Loflin Concrete versoek dat al sy reklame- en naamborde van die renbaan verwyder word.

Die Carolina Sprint Tour-reeks het op sy beurt aangekondig hy het al sy byeenkomste by die baan vir die res van die jaar afgeskaf.

“Die Carolina Sprint Tour het ná gesprekke met ons beamptes, ’n klompie renjaers en spanne besluit om ons byeenkomste vir die res van die 2020-seisoen by 311 Speedway te onttrek,” sê die reeks op Facebook.

“Ons ondersteun nie die kommentaar en inskrywings op sosiale media die afgelope week nie en keur dit ook nie goed nie.”

Bubba Wallace was prominent in ’n veldtog om die Konfederasie-vlag by al Nascar se byeenkomste te verbied. Foto: Getty Images

Fulp, wat sedertdien met die dood gedreig is, se inskrywing is ook veroordeel deur ’n woordvoerder van Noord-Carolina se goewerneur, Roy Cooper.

“Dié voorval van rassisme is afskuwelik en ’n skande. Noord-Carolina is beter as dit,” sê die woordvoerder.

Nascar het Donderdag ’n foto van die hangtou geplaas en gesê hy was korrek om te vrees dat ’n haatmisdaad gepleeg is teen Wallace, wat later deur ’n FBI-ondersoek verwerp is.

“Soos jy in die foto kan sien, dit was eg, so ook ons kommer oor Bubba,” het Steve Phelps, Nascar se president, gesê in reaksie op kritiek dat hulle oorreageer het.

Die FBI het vroeër bevind die hangtou wat op 21 Junie in Wallace se garage by ’n wedren in Talladega gevind is, was eintlik ’n sleeptou-handvatsel aan die motorhuisdeur en is sedert Oktober verlede jaar daar.

Die voorval het gebeur minder as twee weke nadat die sport die Konfederasie-vlag by al sy byeenkomste verbied het, ’n veldtog waarin die 26-jarige Wallace prominent was.

Daar het egter op 21 Junie voor die GEICO 500-wedren ’n vliegtuig oor die baan gevlieg met só ’n vlag en ’n banier wat gelui het: “DEFUND NASCAR.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Nascar  |  George Floyd  |  Fbi  |  Steve Phelps  |  Mike Fulp  |  Motorsport  |  Bubba Wallace  |  Talladega
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.