Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Renjaer sterf ná motorfiets hom tref
Hugo Millan (14) is Sondag in ’n motorfietsongeluk dood. Foto: Twitter

’n 14-jarige Spaanse motorfietsrenjaer is die naweek in ’n ongeluk op die Motorland-renbaan in die Aragonese dorp Alcaniz dood.

BBCSport berig Hugo Millan is op die toneel behandel voordat hy per helikopter na die Zaragoza-hospitaal geneem is waar hy gesterf het.

“Ons is jammer om te bevestig dat ons Hawkers Europese Talentbeker-renjaer Hugo Millan dood is ná ’n verskriklike ongeluk,” sê die organiseerders in ’n verklaring.

Millan het 13 rondtes voor die eindstreep van sy motorfiets afgeval. Volgens die Spaanse koerant Marca kon die motorfiets agter Millan hom nie vermy nie en het teen die renjaer se rug en nek gebots.

Millan het in sy eerste seisoen meegeding en vier keer op die podium geëindig.

Drie maande gelede is die Switserse Moto3-renjaer Jason Dupasquier (19) dood aan beserings wat hy opgedoen het in ’n ongeluk tydens kwalifisering vir die Italiaanse Grand Prix op Mugello.

Marc Marquez, wenner van ses MotoGP-wêreldtitels, tel onder diegene wat sy skok oor Millan se dood uitgespreek het.

“My opregte medelye aan sy familie, vriende en span,” sê die Spanjaard op Twitter.

– Sportredaksie

Meer oor:  Jason Dupasquier  |  Motorfietsongeluk  |  Motogp  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.