Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Roglic se werkslading ‘bestuur’

In ’n effens ongewone stap sal die Sloweense fietsryer Primoz Roglic nie vanjaar verder aan enige skofwedrenne in die opbou tot die Tour de France deelneem nie.

Die 31-jarige Roglic (Jumbo-Visma) se span het aangedui dat hy nie vir die Critérium du Dauphiné of die Tour de Suisse sal aantree nie.

Primoz Roglic in aksie tydens die derde skof, ’n individuele tydtoets, van die Paris-Nice-wedren vroeg in Maart. Foto: Getty Images

Die Dauphiné, wat oor agt skofte beslis word, begin op 30 Mei begin, terwyl laasgenoemde, ook oor agt skofte, op 6 Junie begin.

Die wedrenne gee aan ryers en spanne ’n goeie geleentheid om hul vere reg te skud voordat die Tour op 26 Junie in Brest begin. Boonop gee die Dauphiné ’n goeie aanduiding aan ondersteuners watter ryers se peil goed en watter s’n verdag is.

Dit is geen geheim dat Roglic bitter graag die Tour wil wen nie. In 2020 het hy so te sê ’n sege in die sakkie gehad, voordat sy landgenoot Tadej Pogacar (UAE) hom in die voorlaaste skof, ’n individuele tydtoets, ore aangesit het. Pogacar is toe die volgende dag as kampioen gekroon, met Roglic wat tweede geëindig het.

Roglic sal wel in die volgende paar dae aan drie eendagwedrenne, Amstel Gold Race, La Flèche Wallonne en Liège-Bastogne-Liège, deelneem. Daarna sal hy eers weer by die Tour in aksie wees.

’n Ringkop van Jumbo-Visma, Frans Maassen, sê die besluit is geneem om Roglic se werkslading te bestuur, berig cyclingnews.com.

“Hy het verlede jaar baie gery. Hierdie twee maande sonder wedrenne sal hom in staat stel om vars te wees vir die Tour de France en die Olimpiese Spele – wat groot mikpunte vir hom is,” sê Maassen.

Roglic, wat verlede jaar die Vuelta a España gewen het, handhaaf goeie peil vanjaar. Hy het die Itzulia Basque Country gewen en in drie skofte in die Paris-Nice-wedren koning gekraai. – Sportredaksie

Meer oor:  Tadej Pogacar  |  Tour De France  |  Jumbo-Visma  |  Primoz Roglic  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.