Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Rowan se broek bewe nie vir Die Leeu se gebrul’
Die boksafrigter Peter Smith (regs) glo dat Rowan Campbell vir Ryno Liebenberg gaan slae gee. Foto: Gallo Images

Ryno (Die Leeu) Liebenberg kan maar brul, maar dit gaan nie Rowan Campbell se broek laat bewe nie.

So sê Peter Smith, die man wat as afrigter in Campbell se hoek gaan wees wanneer hy op 13 Maart in Emperors Palace in Kempton Park teen Liebenberg gaan boks.

“Nee wat, Ryno sal dit nie regkry om Rowan bang te praat nie. Rowan weet dis maar deel van die sport,” sê Smith.

Dis nou al langer as ’n jaar dat Liebenberg vir Campbell koggel.

“Is jy bang vir my? Vergeet van prysgeld, ons kan mekaar vir ’n weddenskap on the side pak,” het Liebenberg al geterg.

Rowan Campbell se broek bewe glo nie as hy hoor hoe Ryno (die Leeu) Liebenberg brul nie! Foto: Gallo Images

Campbell het vet op die vuur gegooi toe hy ’n tyd gelede ’n foto op Facebook geplaas het waarin hy voorgee dat hy urineer teen die venster van die winkel waar Liebenberg werk.

“Dit sal nie vir my nodig wees om Rowan geestelik vir die geveg reg te kry nie. Hy ís reg!” sê Smith.

Hy vertel dat Campbell jare gelede, toe hy nog aan die begin van sy loopbaan as beroepsbokser was, teen Liebenberg geskerm het.

Die 37-jarige veteraan Ryno Liebenberg is al lankal lus om Rowan Campbell te wys wie’s baas. Foto: Facebook

“Rowan het nie vir Ryno teruggestaan nie. Dit was vir Ryno ’n skok. Hy het daardie dag al vir Rowan belowe dat hy hom nog eendag ’n goeie pak slae wil gee, so die wedywering tussen hulle is niks nuuts nie.”

Volgens Smith is hy nie bang dat Liebenberg vir Campbell met sy slaankrag of aggressie sal ontsenu nie.

“Rowan het al teen genoeg ouens baklei, wat hard kan slaan. In sy voorlaaste geveg het hy vir Patrick Mukala, wat al tien ouens uitgeslaan het, met ’n tegniese uitklophou verpletter,” sê Smith.

“En die einste Mukala het Ryno voor dit met punte geklop.”

Smith gee toe dat Liebenberg ’n kwaai mededinger is, maar hy glo dat Campbell die geveg sal oorheers.

“Dis net regtig jammer dat daar weens die Covid-pandemie nie toeskouers by die toernooi sal kan wees nie. Dit is nou regtig een geveg waarheen die mense sou stroom en daar sou ’n ongelooflike atmosfeer gewees het,” sê Smith.

Kyk hier na ’n paar hoogtepunte uit van Rowan Campbell se vorige gevegte

Meer oor:  Boks  |  Rowan Campbell  |  Ryno Liebenberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.