Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Rug keil Tour-kampioen Bernal op

’n Rugbesering het veroorsaak dat die Colombiaanse fietsryer Egan Bernal, die huidige Tour de France-kampioen, nie Saterdag vir die vierde skof van die Critérium du Dauphiné aangetree het nie.

Die Colombiaanse fietsryer Egan Bernal het weens ’n seer rug nie aangetree vir die vierde skof van die Critérium du Dauphiné nie. Foto: Getty Images

Die 23-jarige Bernal (Ineos) was ná Vrydag se derde skof in die algehele sewende plek – 31 sekondes agter die voorloper, Primož Roglic (Jumbo-Visma).

Bernal se spanmaat Geraint Thomas het by die wegspring Saterdag bevestig dat die Colombiaan las van sy rug het.

 

“Hy gaan nie vandag begin nie. Hy het effense las van sy rug en die beste ding vir hom is om dinge rustig te neem. Dit is so kort voordat die Tour (op 29 Augustus) begin, dat dit belangrik is dat hy 100% reg is daarvoor,” het Thomas volgens cyclingnews.com gesê.

“Ek dink nie dit is ’n groot probleem nie, dit is net beter om versigtig te wees. Hy het voor dié wedren aan twee ander deelgeneem, so hy het die wedrenne gekry wat hy nodig het.”

Die skof, oor 153,5 km tussen Ugine en Megève is gewen deur die Duitser Lennard Kämna (Bora-Hansgrohe). Sy wentyd was 4 uur, 27 minute en 56 sekondes.

Roglic, wat vroeër die dag geval het en met ’n geskeurde fietsrybroek gelyk het of hy in ’n veldslag was, het die skof in die 10de plek voltooi. Hy is steeds die algehele voorloper, 14 sekondes voor die Fransman Thibaut Pinot (Groupama-FDJ), wat tweede is.

Suid-Afrika se Louis Meintjes (NTT) het die skof in die 27ste plek voltooi.

Thomas en Chris Froome, wat tussen hulle met vyf Tour-seges spog, het vir die soveelste keer die afgelope paar dae nie regtig op hul gemak voorgekom nie. Thomas het die skof in die 58ste plek voltooi – 16 minute en 2 sekondes ná Kämna. Froome het 109de oor die eindstreep gery – 26 minute en 54 sekondes ná die skofwenner.

Sondag se vyfde en laaste skof, oor 153,5 km, begin en eindig in Megève.

Meer oor:  Egan Bernal  |  Geraint Thomas  |  Chris Froome  |  Fietsry  |  Louis Meintjes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.