Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Ruiz: ‘Joshua nie baie goed met boks’
Andy Ruiz spog met sy drie swaargewigboksgordels ná sy skokoorwinning oor Anthony Joshua.Foto: Getty Images

Die man wat die bokswêreld geskok het toe hy Anthony Joshua se drie swaargewigtitels by hom afgeneem het, Andy Ruiz, sê hy sal weer so maak wanneer dié twee later vanjaar ’n herontmoeting het.

Luidens ’n berig op bbc.com sê Ruiz, wat nou met die gordels van die Internasionale Boksfederasie, Wêreldboksvereniging én die Wêreldboksorganisasie spog, dat hy volgende keer ligter en beter voorbereid sal wees.

“Ek weet waar die swakplekke in sy mondering is. Ek kan nog baie beter vaar. Die enigste ding wat hy kan doen, is om rond te hardloop. Hy’s nie baie goed met boks nie,” het die 29-jarige Ruiz die Brit uitgetart.

Hoewel Ruiz se ouers Mexikane is en hy vir dié land deelneem, is hy gebore en getoë in die Kaliforniese dorpie Imperial.

Hy het Saterdag soontoe teruggekeer en agterin ’n oopdak-Rolls Royce sy gordels in ’n oorwinningsparade vertoon.

Ruiz, wat sowat $7 miljoen (ongeveer R100 miljoen) vir sy oorwinning oor Joshua verdien het, het Saterdag aan verslaggewers gesê die eerste ding wat hy met dié geld gedoen het, was om vir sy ma ’n nuwe motor te koop. – bbc.com, latimes.com

Meer oor:  Boks  |  Swaargewig  |  Andy Ruiz  |  Anthony Joshua
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.