Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Ruiz smokkel met Joshua se kop

Andy Ruiz verwag hierdie naweek ’n taaier geveg teen Anthony Joshua, maar sê terselfdertyd al die druk is op die Brit.

Andy Ruiz hoop om hierdie naweek weer met Anthony Joshua af te reken. Foto: Getty Images

Ruiz het Joshua in Junie in ’n skok-uitslag as swaargewigkampioen van die Wêreldboksvereniging, Wêreldboksorganisasie, Internasionale Boksfederasie en Internasionale Boksorganisasie onttroon.

Hulle pak mekaar Saterdag weer in Diriyah in Saoedi-Arabië.

“Ons sal moet sien wat hy doen, want al die druk is op hom. Die druk is nie op my nie, want ek het my droom gevolg en dit verwesenlik," het Ruiz aan Reuters gesê.

Ruiz het Joshua in hul vorige geveg in Madison Square Garden vier keer platgeslaan.

Hy verwag egter dat Joshua hierdie keer versigtiger sal wees.

Die opwindende Rowan Campbell kan volgende teen die gedugte Ryno Liebenberg baklei. Foto: Gallo Images

‘‘Maar as hy wil baklei, sal dit vir my beter wees. Ek hou daarvan om te baklei, dis die tipe vegter wat ek is,’’ het Ruiz gesê.

‘‘Een hou kan die geveg verander. Dis wat in Junie gebeur het. Dit kan hierdie keer ’n bietjie moeiliker wees as die vorige keer.”

Rowan Campbell het intussen die afgelope naweek by Emperors Palace in Kempton Park gewys dat hy een van die blinkste sterre op die plaaslike toneel is.

Campbell het Nicholas Radley in die vierde ronde van ’n geveg in die tussengewigafdeling uitgeslaan.

Daar is nou sprake dat hy volgende teen die gedugte Ryno Liebenberg te staan gaan kom.

Campbell en Liebenberg is albei manne wat net een pad ken en dis vorentoe.

’n Geveg tussen hulle twee sal die plaaslike bokspubliek se verbeelding aangryp.

Die toernooi in Kempton Park het ook ’n betreklike verrassing opgelewer.

In die uitklopreeks vir junior middelgewigte het Brandon Thysse die belowende Roarke Knapp in die sewende ronde uitgeslaan.

Boyd Allen het op sy beurt vir Tristan Truter met ’n tegniese uitklophou in die tiende ronde verslaan.

Thysse en Allen sal mekaar nou in Maart in die eindronde van die reeks aandurf.

Meer oor:  Boks  |  Andy Ruiz  |  Anthony Joshua
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.