Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Russell: Hamilton kry nie genoeg lof

Die Formule Een-renjaer George Russell glo dat dié reeks se kampioen, Lewis Hamilton, se harde werk nie genoeg waardeer word nie.

George Russell het net lof vir Mercedes se Lewis Hamilton. Foto: Getty Images

Hamilton, wat nou gelyk is met Michael Schumacher vir die meeste titels ná sy sege by verlede naweek se Turkse Grand Prix, is ’n groot bron van inspirasie vir die Williams-bestuurder.

Russell het as ’n junior bestuurder vir Mercedes die kans gekry om saam met Hamilton te werk en het behoorlik die heuningkwas uitgepluk om oor een van sy helde te praat.

“My byvoeglike naamwoorde raak op as ek oor Lewis praat,” het Russell aan die F1 Nation-potgooi gesê.

“Ek dink almal weet hoe goed hy is, selfs toe hy nog net ’n tweemalige of driemalige wêreldkampioen was. Toe ek by Mercedes aangesluit het en met my eie oë gesien het hoe hard hy werk, het ek geweet dat hy nie net suiwer op natuurlike talent staatmaak nie.

“Hy word nie net op ’n Sondagoggend wakker en spring in en is die vinnigste nie. Hy sit ongelooflik baie moeite in, waarvoor ek dink hy nie genoeg krediet kry nie,” het Russell gesê.

“Dit is waarom my respek vir hom toegeneem het. Hy werk aan die kleinste van klein detail, net sodat hy daardie ekstra bietjie uit homself kan kry.

“Ek het met hom gesels ná Imola (by die Italiaanse Grand Prix) en hy het ’n paar ongelooflike wyse woorde met my gedeel. Eintlik het hy vir my gesê: ‘Ek is hier as jy my nodig het.’ Ek het geleer waarna hy kyk wanneer hy die kar vinniger wil laat gaan en waaraan hy werk wat sy bestuurstegnieke betref. Dit het my reeds gehelp om die afgelope 18 maande ’n beter bestuurder te word.”

Russell sê hy verstaan wat hy kan doen om sy eie kar vinniger te laat ry en dat hy ook verstaan wat Hamilton doen.

“Hy stel in dié stadium die standaard: ongelooflike bestuurder, ongelooflike mens, en ek het net baie respek vir hom.”– Sportredaksie

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  George Russell  |  Formule 1-Ren  |  Grand Prix
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.