Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bokskampioen bêre sy handskoene
Die Russiese swaargewigbokser Alexander Povetkin het besluit om uit te tree. Foto: Getty Images

Alexander Povetkin, ’n voormalige swaargewigkampioen van die Wêreldboksvereniging, het besluit om sy bokshandskoene weg te pak.

Die 41-jarige Povetkin, wat die afgelope tien jaar as een van die gevaarlikste swaargewigte in die wêreld beskou is, sê die “jare het hul tol geëis”.

“Ek het allerhande beserings wat nog behandel moet word. Die tyd het aangebreek dat ek my loopbaan moet afsluit,” het Povetkin op Instagram gesê.

In sy laaste geveg, in Maart in Gibraltar, het Dillian Whyte van Brittanje hom met ’n tegniese uitklophou verslaan.

Dit was een van net drie nederlae wat Povetkin in sy beroepsloopbaan gely het.

Die enigste ander manne wat hom kon troef, was Anthony Joshua en Wladimir Klitschko.

Povetkin, wat 36 keer an die wenkant was, het ook teen Michael Hunter gelykop geboks.

• Shakur Stevenson van Amerika het intussen Saterdag in Las Vegas die Namibiese boksheld Jeremiah Nakathila met punte oor 12 rondes verslaan.

Shakur Stevenson (regs) onderweg na sy oorwinning die naweek in Las Vegas oor die Namibiër Jeremiah Nakathila. Foto: Getty Images

Dit was nie een van Stevenson se beste vertonings nie en die vegter het sy ondersteuners agterna op Twitter om verskoning gevra.

Kenners is dit eens dat hy baie beter sal moet boks as hy ’n groter indruk in die super-veergewigafdeling wil maak.

• Die toernooi die afgelope Vrydag in Oos-Londen waarin Siyakholwa Kuse sy Suid-Afrikaanse mini-vlieggewigtitel teen Bangile Nyangani sou verdedig het, is tot 10 Julie uitgestel. – Sky Sports, The Ring, Sportredaksie

Meer oor:  Alexander Povetkin  |  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.