Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Ryan, Candice kraai koning in tydtoets
Ryan Gibbons het Vrydag die tydtoetstitel in die nasionale padfietskampioenskappe gewen. Foto: Verskaf

Soos vooraf verwag is, het die Suid-Afrikaanse fietsryer Ryan Gibbons Vrydag die tydtoetstitel in die nasionale padkampioenskappe gewen.

Gibbons (26) het die roete oor 40 km in Swellendam in 51 minute en 24 sekondes afgelê.

Matthew Beers, ’n bekende in bergfietsrykringe, moes met die tweede plek tevrede wees – ’n hele 1 minuut en 14 sekondes stadiger as Gibbons.

Kent Main het die bronsmedalje gewen (+1 minuut, 47 sekondes).

Vir Gibbons, ’n beroepsryer in diens van die UAE-span, is dit as’t ware ’n tweekuns, nadat hy vroeër die maand ook die Afrika-titel in dié dissipline gewen het.

Dit is die eerste keer dat dié Johannesburger van geboorte die nasionale tydtoetstitel agter sy naam kan skryf, met Daryl Impey wat dit nege keer tussen 2011 en 2020 gewen het. Impey neem nie vanjaar deel nie.

Ná my goeie vertoning by die Afrika-kampioenskappe, tesame met vandag s’n, beteken dit dat ek gemerk gaan wees.
Ryan Gibbons

’n Verheugde Gibbons, wat in 2020 sy debuut in die Tour de France gemaak het, sê in ’n verklaring van sy span die oorwinning gee hom baie selfvertroue voor Sondag se padwedren. Hy sal daar poog om die titel wat hy in 2020 verower het suksesvol te verdedig.

“Ná my goeie vertoning by die Afrika-kampioenskappe, tesame met vandag s’n, beteken dit dat ek gemerk gaan wees. Boonop sal ek op my eie ry (sonder spanlede), teen baie spanne wat uit baie ryers bestaan,” sê Gibbons.

“Dit gaan nie ’n maklike taak wees nie, maar ek het vertroue in my peil en my mikpunt is om my padtitel Sondag suksesvol te verdedig.”

Candice Lill het Vrydag vir Carla Oberholzer uitgestof om die tydtoets vir vroue te wen. Foto: Full Stop Communications

In die vroueafdeling het Candice Lill(29), meer bekend as ’n bergfietsryer, vir ’n reuseverrassing gesorg deur die goue medalje voor Carla Oberholzer, die Afrika-kampioen, se neus weg te raap.

Lill het die tydtoets oor 30 km in 47 minute en 4 sekondes voltooi. Oberholzer was tweede (+56 sekondes) en Zanri Rossouw derde (+1 minuut, 18 sekondes).

Lill was in die 2019 die Suid-Afrikaanse bergfietsrykampioen in veldwedrenne.

• Die padwedrenne vind Sondag plaas. Die vrouewedren word oor 133 km beslis en begin om 09:45. Die mans s’n, oor 178 km, begin om 10:00.

Meer oor:  Ryan Gibbons  |  Candice Lill  |  Suid-Afrika  |  Swellendam  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.