Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Ryder: Covid-19 bedreig fietsry se voortbestaan
Die Colombiaan Egan Bernal (middel, in die geeltrui) tydens die laaste skof van die Tour de France in 2019 in Parys. Foto: Getty Images

Indien die prestigeryke Tour de France weens die Covid-19-pandemie nie vanjaar kan plaasvind nie, kan dit ernstige gevolge vir fietsry as ’n sport inhou.

Dít is die mening van Douglas Ryder, spanhoof van die Suid-Afrikaanse beroepspan NTT.

Die Tour is geskeduleer om op 27 Junie in Nice te begin. Weens Covid-19 is alle padfietsrywedrenne – soos meeste ander sportsoorte wêreldwyd – vir eers uitgestel.

Die internasionale padfietsrykalender is vroeër reeds tot 1 Junie opgeskort.

“In fietsry is ons heeltemal afhanklik van borge, so die sport kan ’n erge knou kry, wat hom uiteindelik in groot moeilikheid kan laat beland,” het Ryder volgens die BBC gesê.

Douglas Ryder, spanhoof van die Suid-Afrikaanse NTT-fietsryspan. Foto: Getty Images

“Sommige spanne sukkel baie in hierdie tyd en moes ’n paar drastiese besluite neem om hul volhoubaarheid te probeer verseker. So dit is ’n baie moeilike tyd.

“Ons by NTT is gelukkig dat ons groot borge probeer om die regte ding te doen en ons soveel ondersteun as wat moontlik is.

“Tans wag ons, daar is baie gesprekke met die bestuursliggaam van wêreldfietsry aan die gang. Want hoe langer dit voortgaan soos nou, hoe moeiliker sal dit wees om opbrengste aan ons borge te verseker,” het Ryder gesê.

Daar is vroeër berig dat die Tour vanjaar selfs sonder toeskouers kan plaasvind, maar die Franse koerant Le Parisien berig dat die moontlikheid ondersoek word om dit met ’n maand uit te stel. Blykbaar sal ’n finale besluit op 15 Mei geneem word. – Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Tour De France  |  Douglas Ryder  |  Covid-19  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.