Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA afrigter by wêreld se rykste ren

Die afrigter Mike de Kock sal Suid-Afrika se vaandeldraer wees by die wêreld se rykste perdewedrenbyeenkoms.

Suid-Afrika se geesdriftiges sal môre hul geld op totalisators landwyd op die agt wedrenne kan waag.

Sowat R460 miljoen se prysgeld sal vandag en môre in 16 wedrenne op die Abdulaziz-baan in Riaad, Saoedi-Arabië, op die spel wees.

De Kock sal môre in die sesde wedren die driejarige merrievul Bella Fever in die Saudi Derby oor 1 600 m opsaal.

Bella Fever is in Uruguay geteel en word deur De Kock by sy internasionale stal in Dubai afgerig.

Daar sal vir die eerste keer om die Saudi Cup meegeding word. Die wedren is oor 1 800 m en 14 perde sal na meer as R300 miljoen se prysgeld mik.

Dit maak dit die wêreld se rykste wedren met die eerste tien perde wat geld sal verdien. Die wenperd se eienaars sal meer as die helfte van die prysgeld kry, sowat R152 miljoen, kry.

Suid-Afrika se geesdriftiges sal môre hul geld op totalisators landwyd op die agt wedrenne kan waag.

Die wedrenne sal ook op die DStv-kanaal Tellytrack (239) gewys word. Die eerste wedren is om 15:00 en Suid-Afrikaners sal beslis die Derby om 18:10 volg.

Meer oor:  Saoedi-Arabië  |  Wêreld  |  Perdry  |  Afrigter  |  Perdesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.