Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA atlete oorheers Ysterman

Sterk eindpogings in die hardloop-skof op die Ysterman 70.3-byeenkoms in Oos-Londen het Sondag seges vir Bradley Weiss en Annah Watkinson in onderskeidelik die mans- en vroue-afdelings verseker.

Vreugde by die medalje-oorhandiging van die Ysterman 70.3-byeenkoms wat Sondag in Oos-Londen gehou is. Van links is Matt Trautman, Bradley Weiss en James Cunnama. Foto: Verskaf

In die mans se kompetisie was Elliot Smales van Brittanje eerste uit die water.

Daar was egter nie veel verskil tussen die eerste groepie mans nie.

Kevin Maurel van Frankryk het in die fietsry aanvanklik goed gevaar, maar Weiss en Matt Trautman het hom verbygesteek toe sy fiets probleme gegee het.

Weiss het toe in die halfmarathon gewys wat in hom steek en het die byeenkoms eerste in ’n algehele tyd van 3 uur, 53 minute en 51 sekondes klaargemaak.

Annah Watkinson was die wenner in die vroue-afdeling.Foto: Gallo Images

Trautman was tweede in 3:54:53 en James Cunnama derde in 3:56:26.

Al drie is Suid-Afrikaanse beroepsatlete.

Watkinson was die eerste vrou uit die water, met Emma Pallant van Brittanje kort op haar hakke.

Watkinson het daarin geslaag om in die fietsry en hardloop ook voor te bly.

Dié Suid-Afrikaner se algehele wentyd was 4 uur, 21 minute en 15 sekondes.

Pallant was tweede in 4:23:12 en Jade Roberts (SA) derde in 4:44:06.

Die deelnemers het 1,15 km geswem (die gebruiklike afstand van 1,9 km is weens rowwe seetoestande verkort), 90 km fiets gery en 21,1 km gehardloop.

Meer oor:  Oos-Londen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.