Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA beklink hokkiereeks teen buurland
Chad Futcher van die Suid-Afrikaanse hokkiespan is hier in die derde toets teen Namibië in Johannesburg in aksie. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan het sy toetsreeks van vyf toetse teen Namibië beklink toe hy die derde toets teen die buurland Dinsdag in Johannesburg met 3-0 gewen het.

Die tuisspan, sonder van sy oorsese spelers, het met dié sege dit ook 3-0 in die reeks van vyf wedstryde gemaak.

Suid-Afrika het die eerste toets met 7-0 gewen.

Hy het Sondag met 2-1 gewen nadat Namibië met ’n doelpoging die dwarsbalk getref het.

Chad Futcher en Mustapha Cassiem het die tuisspan Dinsdag die vroeë voorsprong gegee, waarna Ignatius Malgraff die derde doel aangeteken en die wedstryd beklink het.

Die nasionale span was in dié wedstryd by die Northcliff High School die eerste keer in sy nuwe TK-drag te sien.

Die vennootskap met die klerevervaardiger TK is Dinsdag bekend gemaak.

Die spanne is Woensdagaand weer in aksie. Die vyfde en laaste toets is Vrydag.

Meer oor:  Hokkie  |  Namibië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.