Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA bokser se skouer glip uit potjie in geveg

Daar wag moontlik ’n operasie op die bokser Michael Mokoena nadat hy Sondag sy skouer in ’n geveg in Indonesië ontwrig het.

Michael Mokoena het Sondag ’n skouer ontwrig in ’n geveg in Indonesië. Foto: Gallo Images

Mokoena het in Bakoe teen Daud Yordan om die vakante superliggewigtitel van die Internasionale Boksvereniging geboks.

“Mike het sy skouer reeds die eerste keer in die vyfde ronde ontwrig. Dit het van toe af in- en uitgeglip en hy kon nie so voortgaan nie,” het Anton Gilmore, Mokoena se afrigter, via Facebook laat weet.

In die agtste ronde het die dapper Mokoena weer met ’n linkerhou laat waai, maar dit was mis.

Beeldmateriaal wys duidelik hoe die skouer uitglip en daar ’n knop op Mokoena se regterskouer verskyn. Die Suid-Afrikaner probeer moedig voortbaklei, maar sy linkerarm hang hulpeloos langs sy sy. Hy gaan dan op sy knieë af in die middel van die kryt waar die skeidsregter die geveg stopsit.

Daar kan ook gesien word hoe Yordan bekommerd by hom hurk en navraag oor sy toestand doen.

“Mike was voor op punte. Ek het later navraag by die beoordelaars gedoen,” sê Gilmore.

Volgens hom sal Mokoena nou vir twee weke met ’n skouerverband loop.

“Hulle (die dokters) moet die ligamente verkort en dit kan via ’n operasie of met behulp van ’n fisiopterapeut gedoen word.”

Gilmore hoop dat Mokoena ’n herontmoeting met Yordan sal kry.

Volgens die breier is hy en sy vegter in Indonesië op die hande gedra.

Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.