Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA boksers hou dié $10 m.-geveg dop

Twee Suid-Afrikaanse boksers sal hierdie naweek besonder baie in die uitslag van die geveg tussen Mairis Briedis van Litaue en Yuniel Dorticos van Kuba belangstel.

Mairis Briedis (links) besig om met Brandon Deslaurier af te reken. Briedis kom Saterdag in Duitsland teen Yuniel Dorticos te staan. Foto: Getty Images
Yuniel Dorticos is in Kuba gebore, maar gebruik deesdae Miami in Amerika as basis. Foto: Getty Images

Briedis en Dorticos gaan mekaar Saterdagaand in die Plazamedia-sentrum in München in die eindronde van die Wêreldboks-superreeks pak.

Die een wat dié junior swaargewiggeveg wen, sal met ’n yslike $10 miljoen (sowat R168 miljoen) én die gesogte Muhammad Ali-trofee huis toe gaan.

Dié reeks is die eerste keer in 2017 aangebied en het al vier vorige wenners opgelewer, naamlik Oleksandr Usyk (junior swaargewig), Callum Smith (super-middelgewig), Naoya Inoue (kapokgewig) en Josh Taylor (super-liggewig).

Die gevreesde Oleksandr Usyk is ’n vorige wenner van die Muhammad Ali-trofee. Foto: Getty Images

Die SA manne wat in Briedis en Dorticos se kragmeting sal belangstel, is Kevin Lerena en Thabiso Mchunu.

Lerena is die Internasionale Boksorganisasie se kampioen en Mchunu is hoog op verskeie beheerliggame se ranglyste.

Albei mik na ’n geveg teen die wenner van Saterdag se geveg.

Dan is daar natuurlik ook nog Junior Makabu, die Kongolees wat in Suid-Afrika woon, wat ook in die uitslag sal belangstel.

Makabu is die Wêreldboksraad se kampioen en wil hom graag as die beste junior swaargewig in die wêreld bewys.

Dis baie moeilik om ’n wenner tussen Briedis en Dorticos te kies. Hulle spog met byna soortgelyke rekords.

Briedis het net een van sy 27 beroepsgevegte verloor en Dorticos was in 25 gevegte ook net een keer aan die verloorkant.

• Plaaslike boksliefhebbers kan Sondagoggend op SuperSport inskakel vir die toernooi wat in Uncasville in die Amerikaanse staat Connecticut plaasvind.

Die Charlo-broers Jermall en Jermell kom dan onderskeidelik teen Sergiy Derevyanchenko en Jeison Rosario te staan.

Die toernooi word van 01:00 op SS se Variety1- (206) en Maximo-kanale (241) uitgesaai.

Meer oor:  Boks  |  Yuniel Dorticos  |  Kevin Lerena  |  Mairis Briedis  |  Thabiso Mchunu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.