Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA en VSA weer slaags... in hokkie-halfeind

Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan het met ’n speler minder aan die einde vasgebyt om Rusland in sy uitspeelstryd met 2-1 te klop om ’n herontmoeting met Amerika in die halfeindstryd van die eindronde van die FIH-reeks in Bhubaneswar, Indië te bespreek.

Tyson Dlungwana
Tyson Dlungwana / Foto: Gallo Images

As Suid-Afrika die bordjies Vrydag kan verhang teen die VSA, wat hom met 2-0 in sy eerste wedstryd verras het, sal hy op koers bly om volgens Saskok se vereistes vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer.

Rusland het Woensdag die meeste kanse gehad om die voortou te neem. Die feit dat hy nie een van sy eerste vier strafhoeke kon afrond nie asook Suid-Afrika se uitstekende verdediging het die span wat 22ste op die wêreldranglys is, geweldig frustreer.

Suid-Afrika se Bili Ntuli het in die 40ste minuut einde laaste die eerste doel aangeteken. 

Die Russe het kort daarna, ook met ’n strafhoek die gelykmaker behaal en dit het gelyk of hulle soos in hulle groepwedstryd teen Pole weer ’n agterstand gaan uitwis.

Ryan Julius was in die 53ste minuut byderhand uit gebroke spel byderhand om die wendoel vir Suid-Afrika aan te teken. 

Die Russe het in die eerste kwart twee agtereenvolgende strafhoeke gehad, maar kon nie afrond nie. 

Suid-Afrika het vroeg in die tweede sy eerste strafhoek gehad. Austin Smith se trekhou is goed uitgehou deur die doelwagter Marat Gafarov waarna Rusland sy derde strafhoek opgemors het.

Alexey Sobolevskiy net daarna goeie kans binne die doelsirkel gehad maar die Suid-Afrikaanse doelwagter Rassie Pieterse was op sy pos om dit 0-0 na die eerste helfte te hou. 

s
Austin Smith, Speler van die Wedstryd. Foto: Facebook

Die Suid-Afrikaanse kaptein, Tim Drummond, was die held toe hy die Russe se vierde strafhoek bederf het.

Ntuli het in die derde kwart eindelik die eerste doel van die wedstryd aangeteken. Hy is beloon toe die bal losgespat ná ’n trekhou van Smith van Suid-Afrika se vierde strafhoek af. Dit was die einste Ntuli wat daardie strafhoek bewerkstellig het.

Die Russe het nie gaan lê nie en Georgii Arusiia het met die hervatting van die laaste kwart ná hulle vyfde strafhoek welslae behaal.

Die laaste paar minute ná Julius se doel wat Suid-Afrika weer laat voorloop het, was senutergend veral na Tyson 

Dlungwana die laaste vier minute met ’n geelkaart misgeloop het. 

Die Russe se sesde strafhoek om sake gelykop te maak, is deur Drummond uitgehou. Die kaptein, sowel as Smith (die voormalige kaptein en Speler van die Wedstryd) was albei dapper en het geskitter op die verdediging. 

* Indië en Japan is in die ander halfeind slaags. 

Meer oor:  Hokkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.