Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA fietsryer het by Armstrong ‘geleer’
Die Suid-Afrikaanse fietsryer Reinardt Janse van Rensburg in aksie vir NTT. Foto: Getty Images

Dit was danksy sy pa wat weens gesondheidsredes begin fietsry het, dat die Suid-Afrikaanse fietsryer Reinardt Janse van Rensburg as jongeling aan die wêreld van speke bekend gestel is.

Janse van Rensburg (31), ’n boorling van Virginia in die Vrystaat, wat vir die plaaslike NTT-span ry, het reeds vyf keer vir die Tour de France aangetree.

Hoewel hy ’n goeie naelryer is, wat die Suid-Afrikaanse tydtoetstitel in 2012 gewen het, is sy rol in die span meestal om die ander naelryers in die span in ’n gunstige posisie te plaas vir die naelrit na die eindstreep.

Hy het begin fietsry as ’n stokperdjie en weens leefstylredes. Hy moes regtig weer na homself begin kyk het deur fiks te word en gewig te verloor.
Reinardt Janse van Rensburg

“Hy (sy pa, Anton) het begin fietsry as ’n stokperdjie en weens leefstylredes. Hy moes regtig weer na homself begin kyk het deur fiks te word en gewig te verloor.

“Ons het betrokke geraak toe ek omtrent 11 jaar oud was, maar dit was nie voordat ek 13 was en ’n padfiets vir Kersfees gekry het dat ek regtig ernstig begin ry het nie,” sê Janse van Rensburg.

“Van die oomblik dat ek as ’n gelisensieerde ryer op o.14-vlak aan wedrenne begin deelneem het, wou ek ’n beroepsryer word.

“In spansporte soos rugby het ek gevoel is daar te veel politiek betrokke en het gefrustreerd gevoel om by die pas van die span te hou, byvoorbeeld ek kon net geoefen het wanneer die span oefen. Op my fiets kan ek uitgaan en my eie ding doen.”

Dit is seker te verstane dat Janse van Rensburg as ’n jongeling bekende fietsryers bewonder het – maar almal weet dat sommige van die bekende ryers van die laaste twee dekades of so skande gemaak het weens opkikkers.

Die Amerikaner Lance Armstrong tydens die Tour de France in 2000. Foto: Getty Images

“Ek neem aan die grootste name in die sport toe ek grootgeword het, was ouens soos Lance Armstrong (gestroop van sy sewe Tour-titels weens die gebruik van verbode middels), Jan Ullrich (Duitser wat onder andere die Tour in 1997 gewen het) en Marco Pantani (Italianer wat 1998 se Tour gewen het).

“Hulle was vir ’n rukkie my helde, maar wat ek eerder by hulle geleer het is om nie dieselfde foute as hulle te maak nie. Eerder as rolmodelle, was hulle voorbeelde van waarvoor om op die uitkyk te wees,” sê Janse van Rensburg.

Hy vertel dat fietsryers wie se werk dit is om spanne se naelryers in gunstige posisies te plaas, sekere karaktereienskappe moet hê. Dit gaan immers soms rof in die peloton en daar moet rekening gehou word met ryers wat wegbreek.

“Ek dink jy moet koelkop onder druk kan bly en kan wys dat jy selfvertroue het, sodat die naelryer jou kan vertrou.

“Jy moet die situasie kan opsom en vinnig kan reageer en ook dink aan die naelryer wat op jou hakke moet bly.

En jy moet dapper wees, want jy neem dikwels groot risiko’s wat nie vir eie gewin is nie.
Reinardt Janse van Rensburg

"En jy moet dapper wees, want jy neem dikwels groot risiko’s wat nie vir eie gewin is nie, maar hopelik iets wat vir die span glorie kan bring,” sê hy.

Janse van Rensburg vertel dat die Tour, die ikoon van fietsry, vir hom steeds net so spesiaal is soos toe hy in 2015 die eerste keer daaraan deelgeneem het.

“Min Suid-Afrikaners kry die geleentheid om daaraan deel te neem, en dit was my mikpunt sedert my o.14-dae. Elke ryer is gemotiveerd om sy beste te lewer en tree aan in die beste moontlike fisieke toestand. So vir drie weke is dit elke liewe dag oorlog,” sê Janse van Rensburg.

Meer oor:  Vrystaat  |  Virginia  |  Fietsry  |  Tour De France  |  Gesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.