Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA hokkiemans begin slyp vir Spele

Die Suid-Afrikaanse manshokkiespelers wat vir die Olimpiese Spele in Tokio in aanmerking wil kom, gaan oor die volgende paar dae by kampe oor die land heen die kans kry om die afrigter en keurders opnuut te beïndruk.

Hul internasionale oefenwedstryde is deur Covid-19-inperkings in die wiele gery.

Die Oi-hokkiestadion in Tokio wat gasheer in die Olimpiese Spele gaan wees. Foto: Gallo Images

Garreth Ewing, afrigter, sê dat spanne van Indië, België, Brittanje en Frankryk onder andere van plan was om in Suid-Afrika te kom oefen voor vanjaar se Spele. Dit is nou van die baan en sal ook nie later in die jaar geherskeduleer kan word nie.

Ewing en Sheldon Rostron het die afgelope naweek saam met die spelers die eerste satellietkamp by die Riverside-klub in Durban bygewoon.

Ewing sal in die volgende paar weke ook ander streke besoek.

“Dit is om elke speler in die groep in die veiligste moontlike omgewing, wat Covid-19 betref, kans te gee om regstreeks saam met my te werk en die keurders die kans te gee om ook elke speler dop te hou,” sê Ewing.

Die breier is die komende naweek in die Kaap waar Bruce Jacobs saam met hom ’n ogie sal hou.

Hy besoek Randburg en Tukkies saam met Craig Jackson in die eerste naweek van Februarie, waarna die vierde en laaste kamp die daaropvolgende naweek in Port Elizabeth gehou word.

• Die Suid-Afrikaanse o.21-manspan sal volgens sahockey.co.za ná ’n oefenkamp aan die einde van Februarie van 24 tot 18 spelers uitgedun word vir die Junior Afrikabeker-toernooi wat in Ghana gehou word.

Dié toernooi word vir 22 tot 28 Maart beplan.

Meer oor:  Garreth Ewing  |  Olimpiese Spele  |  Hokkie  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.