Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA hokkiemans bo Pakistan op ranglys

Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan het twee plekke verbeter tot 14de op die jongste wêreldranglys nadat hy die eindstryd van die FIH-eindtoernooi in Bhubaneswar, Indië, gehaal het.

Tim Drummond, SA kaptein, in aksie in die FIH-halfeindstryd teen Amerika in Bhubaneswar. Foto: Hockey India

Hoewel die gasheer Indië hom met 5-1 in die eindstryd geklop het, het hy sy kanse lewendig gehou om vir 2020 se Olimpiese Spele in Tokio te kwalifiseer.

Mexiko, wat ook in Bhubaneswar was, het met sewe plekke tot die 32ste plek verbeter.

Pakistan, ’n viermalige wêreldkampioen en driemalige Olimpiese kampioen, het met vyf plekke tot 17de teruggesak.

Onder die voorste tien spanne het Australië vir België as die wêreld se nr.1-span onttroon.

Engeland het ook met een plek tot sesde geklim.

* Top10-spanne op wêreldranglys: 1. Australië, 2. België, 3. Nederland, 4. Argentinië, 5. Indië, 6. Engeland, 7. Duitsland, 8. Nieu-Seeland, 9. Spanje, 10. Kanada.

– Fih.ch, Sportredaksie

Meer oor:  Hokkie  |  Manshokkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.