Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA hokkiespan kyk nou na ‘Plan C’

Die bestuur van die Suid-Afrikaanse manshokkiespan moet punte kry omdat hy ten spyte van etlike uitdagings en beperkings steeds probeer om die span so goed moontlik voor te berei vir die Olimpiese Spele in Tokio.

Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan se laaste verskyning by ’n Olimpiese Spele was in 2012 toe dié sportskouspel in Londen aangebied is. Foto: Getty Images

“Ons is besig met Plan C,” sê Garreth Ewing, die afrigter, in reaksie op die nuus dat die beplande tuisreeks teen Maleisië gekanselleer is. Daar was ’n moontlikheid dat Suid-Afrika ná dié reeks ook in Maleisië sou gaan speel wat nou ook van die baan is.

Ewing sê hulle probeer om intussen nog ’n reeks teen ’n internasionale teenstander te reël.

“Ons het ’n paar spanne genooi, maar niemand het nog bevestig nie.”

Suid-Afrika het vandeesmaand vyf toetse teen Namibië in Johannesburg gespeel.

Hy het 23 doele ingeryg in die reeks wat hy maklik met 5-0 – sonder ’n paar van sy gereelde spelers – gewen het.

Sommige sal die nut van so ’n reeks bevraagteken, maar Ewing sê dit steeds goed vir hulle en hy was dankbaar om die spelers in ’n wedstryd in aksie te sien.

Hy het boonop, met ander spelers wat speelkans gekry het, ook ’n beter idee gekry van watter spelers vorentoe weer betrek kan word.

Ewing sê sy groep vir die Spele is reeds aan die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) gestuur, wat dit op 27 Mei sal bekendmaak.

“Ons moes 16 spelers kies, maar sal ook met drie plaasvervangers en ’n bykomende personeellid reis.”

Die hokkietoernooi by die Spele word van 25 Julie tot 7 Augustus in die Oi-hokkiestadion gehou.

Argentinië se mans het in die 2016 Spele in Rio de Janeiro die goue medalje gewen.

België, ook ’n finalis in Rio, het Australië intussen as die voorste span op die wêreldranglys verbygesteek.

Suid-Afrika, wat nie in Rio was, is tans 14de op die wêreldranglys.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Hokkie  |  Tokio-Spele  |  Manshokkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.