SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nog Sport
SA hokkievroue kry 'n nuwe breier

Robin van Ginkel, die nuwe hoofafrigter van die Suid-Afrikaanse vrouehokkiespan, was die afgelope dekade in verskeie rolle by die nasionale spanne betrokke.

Robin van Ginkel / Foto: sahockey.co.za

Hy neem die leisels oor by Sheldon Rostron, wat ná sy termyn van drie jaar besluit het om nie heraansoek vir die pos te doen nie. Sy termyn het ná die Wêreldbeker-toernooi in Engeland vroeër vanjaar verstryk.

Van Ginkel is vir vier jaar tot en met 2022 se Wêreldbeker-toernooi aangestel.

Van Ginkel, wat ’n honneursgraad in sportwetenskap het, het Rostron voorheen as hulpafrigter bygestaan en was ook by die vrouespan betrokke toe Giles Bonnet nog die afrigter was.

Hy was voorheen afrigter van die nasionale o.18- en o.21-spanne en is deeglik bewus van die opkomende talent in die land.

Van Ginkel sal as direkteur van hokkie by St. Stithians College aanbly, omdat die pos as nasionale afrigter sonder vergoeding kom.

Sy eerste taak aan die stuur van die span sal die internasionale reeks in Januarie en Februarie teen vier besoekende spanne wees.

Meer oor:  Vrouehokkie  |  Robin Van Ginkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.