Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA hokkievroue wil mans in Spanje nadoen
Erin Hunter, kaptein van Suid-Afrika se vroue-hokkiespan.Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse vrouehokkiespan sal – aangespoor deur die nasionale mans se vertoning in Indië – by die FIH-eindtoernooi in Valencia, Spanje, ook daarop uit wees om ’n eerste regmerkie te bekom met die oog op volgende jaar se Olimpiese Spele.

Die mans het deur die eindstryd verlede week in Bhubaneswar, Indië, te haal die eerste vereiste nagekom wat Saskok aan die nasionale spanne gestel het.

“Hulle het met groot durf gespeel (om die eindstryd te haal) en ons wil nou dieselfde hier doen,” sê Erin Hunter, nuwe kaptein van die Proteas.

Sy sê hoewel hul hoofdoelwit daar sal ook wees om hulle kanse om Spele toe te gaan lewend te hou, sal hulle hul vir eers op elke wedstryd afsonderlik toespits.

Hunter sê almal in die groep is verkiesbaar vir Woensdag se eerste groepwedstryd in Estadio Betero teen Wallis, wat 27ste op die wêreldranglys is.

Die Suid-Afrikaanse vroue is die 15de plek, die naasbeste van die agt deelnemers in Valencia. Net die gasheer, Spanje (7de), het ’n beter ranglysposisie.

Suid-Afrika het die gasheer Saterdag in ’n oefenwedstryd met 3-2 geklop.

Die Suid-Afrikaanse vroue is die 15de plek, die naasbeste van die agt deelnemers in Valencia. Net die gasheer, Spanje (7de), het ’n beter ranglysposisie.

Hunter sê dit was toe hulle enigste opwarmingswedstryd.

Hulle was veronderstel om Maandag ook teen Italië te oefen, maar die wedstryd het nie plaasgevind nie.

Italië (17de) is Donderdag die Suid-Afrikaners se tweede groepteenstander. Hulle speel Saterdag ook nog teen Thailand (28).

Spanje (7de), Belarus (20ste), Kanada (21ste) en Namibië (42ste) is die vier spanne in die ander groep in Valencia.

Suid-Afrika se span is:
Phume Mbande, Matshepo Modipane, Celia Evans, Izelle Verster, Marizen Marais, Kristen Paton, Robyn Johnson, Kara-Lee Botes, Dirkie Chamberlain, Lisa-Marie Deetlefs, Nikki Veto, Erin Hunter (k), Hannah Pearce, Lilian du Plessis, Stephanie Baxter, Quanita Bobbs, Tarryn Glasby, Bianca Wood.


Meer oor:  Erin Hunter  |  Spanje  |  Suid-Afrika  |  Fih-Toernooi  |  Olimpiese Spele  |  Hokkie  |  Saskok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.