Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA jonges laat sweet Tokio-span
Nic Spooner het een van die doele in die SA Olimpiese manspan se oorwinning met 4-3 oor die nasionale o.21-span geslaan. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse o.21-hokkiespan het die land se Olimpiese mans enduit laat sweet in die vierde en laaste wedstryd van hul reeks Sondag in Potchefstroom.

Mustapha Cassiem het met ses minute se speeltyd oor op sy eie tot in die doelsirkel gevorder en van teen die doodlyn af dit 4-3 vir die seniors gemaak. Hulle het sodoende skoonskip in die reeks gemaak.

’n Doel deur die o.21-kaptein, Guy Morgan, met ’n trekhou en ’n kanonskoot van Bradley Sherwood het dit in die laaste kwart 3-3 gemaak.

Dit was 1-1 ná die eerste kwart nadat Nic Spooner voor die doelhok afgerond het en Jacques van Tonder toe met ’n baie goeie trekhou weer die jonges laat gelyk trek het.

Die tweede kwart het geen doele opgelewer nie en dit was met rustyd steeds 1-1.

Nqobile Ntuli het dit in die eerste minuut van die tweede helfte 2-1 gemaak met ’n skuinspoging en dit was 3-1 vroeg in die laaste kwart, wat toe altesaam vier doele opgelewer het.

Die Olimpiese span het Saterdag se derde wedstryd met 7-3 gewen. Hy het 20 doele in die vier wedstryde aangeteken en agt afgestaan. – Sportredaksie

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Tokio  |  Proteas  |  Olimpiese Spele  |  Hokkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.