Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Suid-Afrika kan nog brons by WB wen

’n Laaste 60 minute. Dit is wat Suid-Afrikaanse netbalondersteuners van die Proteas vra in Sondag se uitspeelstryd om die bronsmedalje.

Suid-Afrika se ster-verdediger Karla Pretorius het Saterdag weer uitgeblink. Sy wen balbesit teen Paige Hadley. Foto: Reuters

Suid-Afrika het Saterdag ’n plek in die eindstryd van die Wêreldbeker-toernooi in Liverpool, Engeland, met ’n skrale twee doele misgeloop.

Australië, die verdedigende kampioen en nommer een in die wêreld, het hulle met 55-53 geklop.

Die Aussies het nog nooit ’n WB-halfeindstryd verloor nie en mik Sondag na hul 12de wêreldkroon.

Erin Burger en Sarah Klau baklei om balbesit in Saterdag se Wêreldbeker-halfeindstryd in Liverpool. Foto: Reuters

Hulle sal te staan kom teen die wenner van Saterdag se tweede halfeindstryd tussen Nieu-Seeland en Engeland.

Die Proteas kan baie trots wees op hul vertonings in Liverpool en dit is nie vergesog om te glo dat hulle die bronsmedalje kan wen nie.

Hulle sal hul 2019-veldtog nietemin steeds beter afsluit as 2015 se vyfde plek.

Die Proteas was ná die eerste kwart met 10-14 agter. Die Aussies het in die tweede kwart die verskil gerek tot agt doele – 31-23.

Hulle het egter nie die Suid-Afrikaners se terugvegpoging sien kom nie.

Die Proteas het 16 doele behaal teenoor hul teenstander se 12 om die gaping weer tot vier te laat krimp.

Suid-Afrika het ook die laaste kwart met 14-12 gewen, maar die tyd het uitgeloop.

Die Proteas het puik onderskeppings gehad, maar kon dit nie altyd afrond nie. Of hulle het ’n goeie bal afgeneem, net om dit weer te verloor.

Die Aussie-hulpdoel, Gretel Tippett, het puik gekombineer met Caitlin Thwaites (doel). Foto: Reuters

Lisa Alexander, die Aussie-afrigter, het die week beklemtoon sy het ’n twaalftal en nie ’n sewetal nie.

Sy het dit bewys deur met Caitlin Thwaites (doel) en Gretel Tippett (hulpdoel) te begin.

Courtney Bruce, Donderdag die Speler van die Wedstryd teen Nieu-Seeland, was op die bank, asook April Brandley en Caitlin Bassett, hul voorste doelskieter en kaptein.

Alexander het agterna gesê dit is nié omdat sy Suid-Afrika ligtelik opgeneem het nie, maar omdat dié beginspan die beste was vir sy teenstander op die dag.

Sondag is Norma Plummer, die SA afrigter, se 50ste toets in beheer van die Proteas en sy het bevestig dit is die laaste een.

* TV: Sondag 15:30 (SS 10).

Meer oor:  Liverpool  |  Wêreldbekernetbaltoernooi  |  Australië  |  Netbal  |  Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.