Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA mans slag Zimbabwe met 9-0
Tarryn Glasby in aksie teen Zimbabwe. Foto: Eunice Visagie

Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan het Zimbabwe met 9-0 geslag in sy tweede wedstryd om onoorwonne in die Afrikabeker-toernooi in Stellenbosch te bly.

Austin Smith het Dinsdagaand weer twee doele aangeteken en Dayaan Cassiem was soos in die eerste wedstryd ook weer in die kol.

Die SA vroue het in die wedstryd voor dit, in hul kaptein Erin Hunter se 50ste toets, hul veldtog met ’n sege van 2-0 oor die Zimbabwiërs begin.

Ongi Mali se doel nadat sy reg voor die doelhok in besit gestel is net voor die einde van die eerste kwart, was die enigste doel van die eerste helfte.

Dirkie Chamberlain het met vyf minute oor geduik om ’n dwarsaangee af te rond en dit 2-0 te maak.

Die spanne geniet Woensdag ’n rusdag.

Die SA vroue speel Donderdag teen Namibië, terwyl die mans teen Ghana te staan kom.

Meer oor:  Hokkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.