Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA manshokkiespan troef jonges met 3-1
Jethro Eustice Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan het die eerste van sy vier wedstryde vandeesweek in Potchefstroom teen die nasionale o.21-span ter voorbereiding vir die Olimpiese Spele Woensdag met 3-1 gewen.

Ryan Julius, ’n reisende plaasvervanger na Tokio, het vroeg in die tweede kwart die Olimpiese span laat voorloop met ’n doel uit gebroke spel, wat dit 1-0 met die rustyd gemaak het.

Die o.21’s se Brad Sherwood het net na die draaislag ’n gelykmaker behaal waarna die SA span se Nqobile Ntuli hom kort daarna weer laat voorloop het.

Jethro Eustice het met ’n strafdoel van die kolletjie af aan die einde van die derde chukka dit 3-1 gemaak.

Die week se wedstryde by die Noordwes-universiteit is ook voorbereiding vir die o.21’s se Afrikabekertoernooi wat Augustus in Namibië gehou word.

Die tweede wedstryd word vandag beslis, waarna die laaste twee Saterdag en Sondag gespeel word.

Al die wedstryde in die CTM-reeks begin om 16:00.

Meer oor:  Potchefstroom  |  Olimpiese Spele  |  Hokkie  |  Sa Manshokkiespan  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.