Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA netbal verloor ‘juweel’ Rita
Rita Oosthuizen in haar woonstel in die tehuis vir bejaardes. Foto: Facebook | Netbal Suid-Afrika
Rita Oosthuizen (heel links) in 1995 saam met die nasionale netbalspan. Haar dogter Tessa is derde van regs.Foto: A Century of Netball

Een van Suid-Afrikaanse netbal se baanbrekers is Donderdag dood.

Rita Oosthuizen (88) het in haar woonstel in ’n tehuis vir bejaardes in Pretoria gesterf.

Oosthuizen was die president van die SA Netbalfederasie tussen 1979 en 1996.

Sy was ook die hoof van afvaardiging van die nasionale span wat in 1995 vir die eerste keer aan die Wêreldbeker-toernooi in Birmingham, Engeland, deelgeneem en die silwermedalje verower het.

Een van haar drie dogters, Tessa (nou Halgryn), was ’n lid van die span.

Oosthuizen was in 1951 een van die stigterslede van die nasionale kampioenskapstoernooi. Dit is tot vandag nog die hoogtepunt op die plaaslike netbalkalender.

Blanche de la Guerre, uitvoerende hoof van Netbal Suid-Afrika (NSA), het Vrydag gesê Oosthuizen was ’n merkwaardige vrou en administrateur wat wêreldwyd bekend was.

“Sy was die president toe ek nog ’n speler was. Sy was ’n besondere mens, een wat respek afgedwing het. Sy was fiks en het voordat die dag se spel begin het, eers gaan draf.”

Oosthuizen was die skrywer van die eerste boek oor die geskiedenis van Suid-Afrikaanse netbal, A Century of Netball, wat in 2005 gepubliseer is.

“Sy het by almal foto’s ingesamel, self die navorsing gedoen en self die boek gepubliseer,” sê De la Guerre.

Niemand het nog sedertdien weer so ’n taak aangepak nie.

Cecilia Molokwane, NSA-president, sê in ’n verklaring die netbalgemeenskap het ’n “juweel” verloor.

“Ons is dankbaar vir haar bydrae en dat sy deel was van die geskiedenisboeke.

Ons is diep hartseer oor die dood van een van ons eie. Dit is nooit ’n maklike ding om van iemand se dood te hoor nie.
Cecilia Molokwane

“Ons is diep hartseer oor die dood van een van ons eie. Dit is nooit ’n maklike ding om van iemand se dood te hoor nie.

“Die nuus van tannie Rita se dood raak ons almal,” sê Molokwane.

Sy het haar meegevoel met Oosthuizen se familie en die netbalgemeenskap betuig.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Oorlede  |  Proteas  |  Nsa  |  Netbal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.