Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA netbalbaas droom steeds groot

Jy het bitter baie geld nodig om ’n Wêreldbeker-toernooi aan te bied, sê Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika (NSA).

“Dit help nie jy bied ’n onvergeetlike toernooi aan en jou span presteer nie. Jy het dus baie geld nodig om vir die toernooi voor te berei én te sorg dat jou land se span op topvlak is,” het Molokwane aan die BBC gesê.

Cecilia Molokwane sê die koronavirus was ’n terugslag vir Suid-Afrika se voorbereiding vir 2023 se Wêreldbeker-netbaltoernooi. Foto: Gallo Images

Kaapstad is in 2023 die gasheer vir die WB-toernooi.

“Wanneer 2023 aanbreek, moet almal weet Suid-Afrikaanse netbal is ’n krag om mee rekening te hou. Die Proteas gaan die land trots maak.

“Ek is positief dat die korporatiewe wêreld ons gaan ondersteun, want die wêreld gaan ons dophou.

“Almal wil deel wees van ’n wenspan. Om die kampioen te wees, moet jy binne die kryt wees en nie buite nie. Dankie vir die borge wat ons reeds ondersteun, maar ons het nog meer nodig om die WB-toernooi ’n sukses te maak.”

Molokwane het erken die Covid-19-pandemie het NSA se momentum vir 2023 gestuit.

“Ons wou ’n groot jaar gehad het, maar moes die o.19- en Suid-Afrikaanse skoletoernooie en die mans se kampioenskapstoernooi afstel en ander byeenkomste moes uitgestel word.

Die Proteas gaan die land trots maak.

“Ons moet die momentum weer optel, maar ons kla nie, ons gaan dit doen met alles wat ons het.

“Ons wil deurbreek in ’n sportwêreld wat deur mans oorheers word. Ons wil net so ’n groot ondersteunersbasis hê soos sokker, rugby en krieket,” sê Molokwane.

“Ons is die grootste vrouesport en ons wil raakgesien en erken word en ernstig opgeneem word vir wat ons kan bereik.”

Die Proteas is vandeesweek vir die eerste keer sedert Januarie in aksie. Hulle pak Malawi Donderdag, Vrydag en Sondag by Sun City.

Die Superbowl het sitplek vir 6 000 mense, maar weens Covid-19-protokolle sal geen toeskouers toegelaat word nie.

Die toetsreeks sal soos die onlangse Nasionale Liga in ’n bioborrel plaasvind.

Reabetswe Mpete is as projekbestuurder vir die Wêreldbeker-netbaltoernooi aangestel. Foto: Verskaf

• Intussen het NSA onlangs vir Reabetswe Mpete as projekbestuurder vir die WB-toernooi aangestel.

Sy was voorheen die koördineerder van hoëprestasie by die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok).

Mpete het ook gewerk by die 2016 Olimpiese Spele, die 2018 Statebondspele, asoook die Jeug-Winterspele, en in 2015 by die Afrika-Spele.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.