Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Netbalpresident woeker agter skerms
Cecilia Molokwane verlede Vrydag by die opening van die Afrikabeker-netbaltoernooi in Bellville.Foto: Verskaf

Suid-Afrika se netbalbaas droom groot en die woord “onmoontlik” bestaan nie in haar woordeskat nie.

Cecilia Molokwane, die afgelope twee jaar president van Netbal Suid-Afrika (NSA), het reeds ’n hoë werklading om toe te sien dat Suid-Afrika en Kaapstad oor drie en ’n half jaar ’n suksesvolle Wêreldbeker-toernooi aanbied.

Verlede week het sy nog verantwoordelikhede bygekry toe sy as die president van Netbal Afrika (NA) verkies is. Afrika-lede het haar ook benoem as ’n lid van die raad van die Internasionale Netbalfederasie (INF).

Molokwane sê die aanstellings vul mekaar aan en sal saamsmelt met haar rol as NSA-baas.

“Ons hoef nie nou met ’n ompad na NA of die INF te gaan nie. Ek is reeds daar, ek het reeds betrekkinge daar.

“Dit sal Suid-Afrika en Afrika help dat ek die poste beklee.

“Ek sal eerstehandse inligting hê van wat gebeur, wat ons nodig het, wat gedoen moet word. Dit is tot voordeel van Suid-Afrika,” sê Molokwane.

Sy sê sy verstaan wat NSA wil hê, wat Afrika wil hê en, wat die INF wil hê en moet die sinergie bewerkstellig.

“Ek gaan nie een van hulle afskeep nie.

“Ek het die ondersteuning van NSA en Afrika, ek twyfel nie daaroor nie.

Ek het met die bodaankondiging gesê 2023 se toernooi is vir Afrika en het nou die kans om dit te verwesenlik.
Cecilia Molokwane

“Ek het met die bodaankondiging gesê 2023 se toernooi is vir Afrika en het nou die kans om dit te verwesenlik.”

Sy sê die skouspel bly steeds ’n INF-toernooi, al is Kaapstad die gasheer.

“Die uitdaging is om toe te sien dat hulle dinge sien soos ons dit sien en wil hê, dat ons dit op die Suid-Afrikaanse en Afrika-manier doen.”

Die onmiddellike prioriteit is om ’n reëlingskomitee aan te stel. Molokwane sê vier posisies moet geadverteer en gevul word. Die toernooi kry sy eie uitvoerende hoof.

Sy sal Saterdag haar planne vir 2020 en visie vir 2023 deel met NSA se raad – verteenwoordigers van al die provinsies.

Blanche de la Guerre, uitvoerende hoof van NSA.Foto: Verskaf

Ook Blanche de la Guerre, uitvoerende hoof van NSA, se pos moet geadverteer word, want haar kontrak verstryk einde vandeesmaand.

“Sou sy belang stel, moet sy weer aansoek doen. As sy die regte kandidaat is, sal sy haar werk voortsit,” sê Molokwane.

“Ek het die afgelope twee jaar ’n fantastiese verhouding met haar gehad. Sy is ’n netbal-mens in haar hart en passievol oor die spel.”

Molokwane werk ook aan die langtermyn-doelwit om Suid-Afrikaanse netbal op die beroepspad te kry.

NSA onderhandel nog met Telkom oor die Nasionale Liga, wat hy vanjaar net vir een jaar geborg het.

Selfs al stel ’n maatskappy belang om ’n Nasionale Liga-span te borg of te koop, kan dit tans nie gebeur nie, want NSA het nie ’n franchise-stelsel nie, sê Molokwane.

Daar is reeds voorstelle vir franchises op die tafel.

Molokwane sê ’n borgskap moet onder al 10 spanne in die Nasionale Liga verdeel word.

“Dit is ongelukkig hoe dit nou is. Dit is ons visie dat die spanne franchises word.

“Die ideaal sal wees dat ’n plaaslike rugby-, sokker- en netbalspan dieselfde naam het.

“Enigeen wat tans betrokke raak, moet deur NSA werk.”

Dit is nie gesond vir Suid-Afrika om Lesotho met 116-10 te klop nie – ook nie vir hulle nie. Die uitslag is ook nie goed om netbal te ‘verkoop’ nie.
Cecilia Molokwane

Oor die afgelope Afrikabeker-toernooi, wat Suid-Afrika gewen het, sê sy almal wat lede van NA is, moet daaraan kan deelneem – in ’n A- en B-afdeling.

“Dit is nie gesond vir Suid-Afrika om Lesotho met 116-10 te klop nie – ook nie vir hulle nie. Die uitslag is ook nie goed om netbal te ‘verkoop’ nie.”

Molokwane besef NSA én die INF moet meer doen om netbal in Afrika te ontwikkel, maar sê NA moet ook hul deel doen om geld te vind.

“Om ’n toernooi soos die Afrikabeker-toernooi aan te bied, moet nie ’n las vir die gasheer wees nie.

“Afrika-spanne moet wegkom van die idee dat hul regerings hulle moet help. Ja, hulle kan bydra, maar hulle moet borge kry,” sê Molokwane.

Meer oor:  Cecilia Molokwane  |  Suid-Afrika  |  President  |  Nsa  |  Afrikabeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.