Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA netbalsterre keer terug na die baan
Cecilia Molokwane was Donderdag verheug dat netbalspanne onmiddellik met oefeninge kan begin.

Weg met spanpraatjies op Zoom en individuele oefensessies by die huis.

Netbal Suid-Afrika (NSA) het Donderdag eindelik die groen lig gekry dat sy Nasionale Liga-spanne met span-oefeninge kan begin.

Alle kompetisies en beplande projekte is in Maart opgeskort toe vlak 5 van die inperking ingestel is.

Die Proteas en die o.21’s se oefenkampe is afgelas, asook die bekendstelling van die Nasionale Liga, wat in Mei sou begin. Dorette Badenhorst, die SA afrigter, se klinieke is ook gekanselleer.

Cecilia Molokwane, die NSA-president, sê in ’n verklaring sy is verheug dat Nathi Mthethwa, die minister van sport, kuns en kultuur, NSA se voorstelle vir oefeninge en wedstryde goedgekeur het.

Dit was ’n lang ses maande sonder enige netbal. Die Nasionale Liga-spanne en hul afrigters kan nie wag om te begin oefen en speel nie.
Cecilia Molokwane

“Dit was ’n lang ses maande sonder enige netbal. Die Nasionale Liga-spanne en hul afrigters kan nie wag om te begin oefen en speel nie.”

Molokwane sê netbal sal streng hou by die reëls en regulasies “sodat netbal op alle vlakke geleidelik ingefaseer word”.

Die toestemming om te begin oefen geld egter net die 12 spanne wat aan die Nasionale Liga gaan deelneem.

Molokwane sê dié streekkompetisie sal in Oktober begin, wat die afrigters met min tyd laat om hul spanne wedstrydgereed te kry.

Die Noord-Gautengse Jaguars is die verdedigende kampioenspan.

NSA sê die Liga sal vir drie weke in ’n bioborrel plaasvind en toeskouers sal nie toegelaat word nie.

Besonderhede oor die bioborrel sal later bekend gemaak word, lui die verklaring.

Karla Pretorius. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse kampioenskap en die manstoernooi moet ook nog vanjaar gespeel word.

Molokwane sê NSA se span wat toernooie reël het die afgelope maande hard gewerk om seker te maak dat minstens dié drie groot toernooie wel vanjaar plaasvind en dat die regte bane gevind word.

Badenhorst sal ook so gou moontlik ’n oefenkamp wil hou vir die Proteas wat hul netbal in Suid-Afrika beoefen.

Vyf van Badenhorst se sleutelspelers, Karla Pretorius, Lenize Potgieter, Shadine van der Merwe, Phumza Maweni en Ine-Marí Venter, is tans in Australië, waar hulle in dié land se Superliga speel.

Meer oor:  Karla Pretorius  |  Cecilia Molokwane  |  Suid-Afrika  |  Nasionale Liga  |  Nsa  |  Netbal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.