Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA netbaltoernooi begin op chaotiese noot

Blou Maandag.

Die wedstrydprogram van die Suid-Afrikaanse netbaltoernooi is die laaste 48 uur verskeie kere verander en Maandag nóg ’n paar keer.

Ine-Mari Venter van Tshwane Maandag in aksie teen Bojanala op die eerste dag van die Spar Suid-Afrikaanse netbaltoernooi by Lotto Young-park in Port Elizabeth. Foto: Gallo Images

Daar was onsekerheid en verwarring nadat talle spanne nie in Port Elizabeth opgedaag het nie.

Netbal Suid-Afrika (NSA) het besluit om vanjaar se toernooi op ’n distriksgrondslag te beslis, pleks van ’n provinsiale kompetisie.

Hy wil meer spelers betrek en meer spanne kans gee om in Afdeling A te speel.

Daar is Sondag gesê meer as 1 000 spelers word verwag.

Die formaat het Maandag sommer met die intrapslag ingeplof.

Die span van die Kaapse Wynlande was om 08:00 gereed vir hul eerste wedstryd, net om te hoor Ethekwini het na Afdeling B afgeskuif.

Die span van Johannesburg het nie Maandag teen 10:00 geregistreer soos die reëls vereis nie en sal nie kan deelneem nie. Hy het eers ná die openingseremonie opgedaag.

Die program moes weer aangepas word en die Kaapse Wynlande kon darem toe later die middag wel speel.

Afdeling A sou aanvanklik uit dertien spanne bestaan, Sondag was dit twaalf en nou is dit elf.

Die afdeling is nou heeltemal ongebalanseerd met drie spanne van Mpumalanga, twee elk van Noordwes en die Wes-Kaap en een van Gauteng.

Twee spanne van Gauteng ding mee in die nasionale Premierliga (Brutal Fruit-kompetisie), maar hier is nou net een: Tshwane.

Mami Diale, NSA se direkteur van afbakening, het verduidelik Wes-Rand en Sedibeng het onttrek.

Sewe van KwaZulu-Natal se elf distrikte het hulle ook onttrek.

“ ’n Span wat drie weke voor die toernooi onttrek, word ’n boete opgelê.

“Spanbestuurders weet hulle moet hul span teen 10:00 op die eerste dag registreer. Reëls is daar vir ’n rede,” sê Diale.

Tshwane het Maandag ’n honderdtal teen die Sarah Baartman-span van Kimberley opgestapel. Die eindtelling was ’n eensydige 113-13.

Die Pretorianers het Bojanala (Rustenburg) met 90-20 geklop.

Die ander topspanne het ook tagtigtalle behaal.

Omdat die program aangepas moes word, gaan spanne nou twee of selfs drie wedstryde per dag moet speel.

Dinsdag se eerste wedstryde begin om 08:00 en die laaste ronde vind vanaf 17:20 plaas. Wedstryde vind plaas by die Young Park-bane.

Meer oor:  Nsa  |  Netbal  |  Sa Netbaltoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.