Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA Olimpiër Schoeman vyfde in Japan

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese atleet Henri Schoeman het sy driekampseisoen met ’n goeie vyfde plek afgeskop.

Henri SchoemanFoto: Getty Images

Die Noor Kristian Blummenfelt het met ’n indrukwekkende hardloopskof seker gemaak hy seëvier by die eerste byeenkoms in die Wêreldkampioenskapsreeks, wat Saterdag in Jokohama, Japan, gehou is.

Sy wentyd was 1 uur 42 minute 55 sekondes.

Blummenfelt en die Belg Jelle Geens het vir die grootste deel van die 10 km-hardloopskof saam gehardloop voordat die Noor weggebreek het. Agter hulle het Morgan Pearson van Amerika alles uitgehaal, ’n hele paar deelnemers verbygesteek en ’n emosionele eerste bronsmedalje behaal, asook ’n gewaarborgde plek in die Amerikaanse span vir die Olimpiese Spele.

Kristian Blummenfelt Foto: Getty Images

Geens was tweede in 1:43:05 en Pearson derde in 1:43:12. Die Brit Alex Yee (1:43:17) het vierde klaargemaak en Schoeman vyfde in 1:43:26.

Vincent Luis van Frankryk, die wêreldkampioen, was sesde in 1:43:35.

Schoeman het die swemskof van 1 500 m in 18 minute voltooi, die fietsskof van 40 km in 54 minute en die hardloopskof in 29 minute.

Blummenfelt sê dit was ’n sagte toets vir taaier toestande in die Tokio-somer.

Die manskompetisie by die Spele is op 26 Julie.

• In die vrouewedloop was Amerika se Taylor Knibb bobaas in 1:54:27. Haar spanmaat Summer Rappaport was die naaswenner in 1:54:57, met Maya Kingma van Nederland derde in 1:55:05.

Simone Ackermann het die beste onder die Suid-Afrikaanse vroue gevaar met ’n 28ste plek.

Gillian Sanders was 47ste.

• Die volgende byeenkoms in die reeks is op 5 Junie in Leeds, Engeland. – Sportredaksie en wtcs.triathlon.org

Meer oor:  Henri Schoeman  |  Olimpiese Spele  |  Driekamp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.