Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA pak wêreld se nr.2-span in tuisreeks

Die Proteas se deelname aan die Wêreldbeker-toernooi in Julie is nie die enigste hoogtepunt op Suid-Afrikaanse netbal se kalender in 2019 nie.

Lenize Potgieter van die Proteas vroeër vanjaar in Londen in ’n toets teen Engeland in aksie. Foto: Getty Images

Netbal Suid-Afrika (NSA) het aangekondig dat Engeland, die wêreld se naasbeste span, in November vir die eerste keer sedert 2005 ’n toer na die suidpunt van Afrika sal onderneem.

Die gasheerstede vir dié kragmetings moet nog bevestig word.

Engeland was sedert 2005 wel vier keer in Suid-Afrika in aksie, maar nooit as deel van ’n volwaardige toer nie. In 2013 het hy saam met Trinidad en Tobago teen die Proteas in ’n driehoekige reeks gespeel, terwyl hy in 2017 en 2018 in toetse hier gespeel het as deel van die Vierhoekige reeks.

Daar is nog geen besluit oor die toekoms van die Vierhoekige reeks (waarin Australië en Nieu-Seeland die ander deelnemers is) geneem nie, wat beteken dat Engeland se besoek moontlik die enigste internasionale aksie op Suid-Afrikaanse bodem in 2019 kan wees.

Die Proteas het in Januarie vriend en vyand verras toe hulle die Engelse met 48-45 in Londen getroef het.

NSA het ook aangekondig dat die nasionale kampioenskap vanjaar vir die eerste keer sedert 2012 in Johannesburg beslis sal word. Dit sal van 5 tot 10 Augustus – twee weke ná die WB-toernooi in Engeland – plaasvind. Die nasionale o.21-toernooi sal saam met die nasionale kampioenskap aangebied word.

Die nasionale kampioenskap sal sedert sy ontstaan in 1952 slegs die sesde keer in die Goudstad gespeel word.

Gauteng sal boonop ook gasheer speel vir die nasionale universiteite-toernooi (Ussa), wat van 1 tot 5 Julie by Wits beslis word.

Die Varsity-netbalreeks vind later in die jaar, van 26 Augustus tot 7 Oktober plaas.

Die nasionale o.19-toernooi sal vanjaar van 23 tot 29 Junie in Kaapstad gespeel word.

* Die WB-toernooi vind van 12 tot 21 Julie in Liverpool plaas. Suid-Afrika sal in die groepfase teen Jamaika, Trinidad en Tobago en Fidji speel.

– Sportredaksie

Meer oor:  Nsa  |  Netbal  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.