Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA se Ryan Gibbons 7de in Giro-skof
Die Aussie Caleb Ewan wen Woensdag die elfde skof van die Giro d’Italia na ’n naelrit in Novi Ligure, Italië.Foto: AP

Dit was ’n goeie Woensdag vir Suid-Afrika se Dimension Data-fietsryspan.

Die Suid-Afrikaner Ryan Gibbons en sy Italiaanse spanmaat Giacomo Nizzolo het onderskeidelik sewende en agtste in die 11de skof van die Giro d’Italia klaargemaak.

Die Australiër Caleb Ewan het dié skof oor 221 km tussen Carpi en Novi Ligure in 5 uur 17 minute en 26 sekondes gewen.

’n Hele groep ryers het in ’n naelrit op die eindstreep afgepyl. Die Fransman Arnaud Démare is as die naaswenner aangewys met Pascal Ackermann van Duitsland in die derde plek.

Ewan was ook die wenner van die agtste skof.

Valerio Conti (Gallo Images)

Die Italianer Valerio Conti (UAE Team Emirates) het sy pienk trui as die algehele voorloper behou.

Sy tyd van 45:02:05 plaas hom 1 minuut 50 sekondes voor Primož Roglic van Slowenië. Nans Peters van Frankryk beklee nou die derde plek.

Die Aussie Ben O’Connor is die voorste jaer van die DiData-span met ’n 32ste plek en ’n algehele tyd van 45:09:17.

Daar word Donderdag veranderinge in die algehele stand verwag wanneer die 12de skof oor 158 km tussen Cuneo en Pinerolo beslis word.

Dié skof sluit in die taai Montoso-klim, voor Vrydag se eerste behoorlike dag in die berge aanbreek.

Cyclingnews.com berig die organiseerders hou die weer angstig dop.

Erge sneeu-neerslae in die Gavia-bergpas is reeds enkele weke ’n bron van kommer.

Erge sneeu-neerslae in die Gavia-bergpas is reeds enkele weke ’n bron van kommer. Dinsdag se 16de skof tussen Lovere en Ponte di Legno strek oor dié pas.

Die organiseerders glo hulle kan voor dan 60% van die pad skraap en die pas begaanbaar maak.

Die wedren oor 21 skofte eindig op 2 Junie in Verona. – Reuters en Sportredaksie

Meer oor:  Caleb Ewan  |  Giro D'italia  |  Fietsry  |  Dimension Data
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.