Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Gibbons, Tour-kampioen nou spanmaats
Ryan Gibbons het vanjaar sy buiging in die Tour de France gemaak. Foto: Getty Images
Die Sloween Tadej Pogacar het vanjaar die Tour de France gewen. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse fietsryer Ryan Gibbons het ’n kontrak onderteken om die volgende twee jaar vir die UAE-span te ry – dieselfde span waarvoor Tadej Pogacar (Slowenië) ry wat vanjaar die Tour de France gewen het.

Gibbons (26), ’n naelryer, het vroeg in 2020 die nasionale padtitel verower en in Augustus sy buiging in die Tour gemaak.

Vir Gibbons, ’n boorling van Johannesburg, is die kontrak straks ’n uitkoms. Die plaaslike NTT-span waarvoor hy ry, se voortbestaan is onduidelik nadat die titelborg aangedui het dat sy verbintenis met die span nie langer as 2020 sal strek nie.

“Ek sien baie daarna uit om vir die volgende twee seisoene by die UAE aan te sluit. Ek voel geëerd om deel van so ’n ongelooflike groep te wees, wat soveel sukses bereik het en bewys het dat hy een van die beste spanne in die peloton is,” sê Gibbons volgens ’n verklaring van sy nuwe werkgewer.

Ek voel geëerd om deel van so ’n ongelooflike groep te wees, wat soveel sukses bereik het en bewys het dat hy een van die beste spanne in die peloton is.
Ryan Gibbons

“Daar is by my geen twyfel dat dit van kritieke belang vir my persoonlike groei en toekoms as beroepsryer is nie. Ek sien baie uit na die begin van die nuwe hoofstuk.”

Gibbons se beste vertoning op vanjaar se Tour was toe hy tiende in die 11de skof klaargemaak het. Hy het dié prestigeryke wedren in die 121ste plek klaargemaak.

Gibbons het tevore ook drie keer aan die Giro d’Italia en een maal aan die Vuelta a España deelgeneem. – Sportredaksie

Meer oor:  Ryan Gibbons  |  Suid-Afrika  |  Tour De France  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.