Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA se Gibbons laat weer speke sing
Drie van NTT se ryers vroeër vanjaar in aksie tydens die Tour Down Under in Australië. Van links is Giacomo Nizzolo, Ryan Gibbons en Samuele Battistella. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse fietsryer Ryan Gibbons sal Woensdag sy terugkeer tot mededingende fietsry maak wanneer hy sy span se aanslag in die Poolse Toer lei.

Gibbons (25), die huidige nasionale padkampioen wat vir die plaaslike NTT-span ry, was in Maart voor die inperking weens die Covid-19-pandemie laas in aksie. Hy het toe aan die Paris-Nice-wedren deelgeneem.

Die Poolse Toer bestaan vanjaar net uit vyf skofte – pleks van die gebruiklike sewe. Die eerste skof is oor 195,8 km en word tussen die Slaski-stadion in Chorzów en Katowice beslis.

Daar is geen twyfel dat die hele peloton gretig sal wees om weer deel te neem nie.
Ryan Gibbons

“Ná ses maande sonder wedrenne sien ek daarna uit om die seisoen te hervat in Pole. Daar is geen twyfel dat die hele peloton gretig sal wees om weer deel te neem nie – iets wat ek dink gaan bydra dat dié toer van ’n goeie gehalte gaan wees,” sê Gibbons, ’n goeie naelritryer, volgens ’n verklaring van sy span.

Nog ’n Suid-Afrikaner, Stefan de Bod, asook die huidige o.23-wêreldkampioen, Samuele Battistella van Italië, is van Gibbons se spanmaats.

Die Poolse Toer is die eerste skofwedren sedert die Wêreldreeks die afgelope naweek hervat het met die Strade Bianche-eendagwedren in Italië. – Sportredaksie

Meer oor:  Ryan Gibbons  |  Pole  |  Suid-Afrika  |  Toer  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.