Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Hokkiestokke klap 5-0 teen Namibië
Matt de Sousa Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan het skoonskip in die reeks van vyf toetse gemaak teen Namibië nadat hy die laaste wedstryd Vrydagaand by die Northcliff High School met 5-0 gewen het.

Al vyf die doele is in die tweede helfte aangeteken, berig sahockey.co.za.

Keenan Horne het twee daarvan aangeteken, terwyl Bili Ntuli, Matt de Sousa en Brandon Panther ook in die kol was.

Heelwat spelers wat op die randjie van insluiting van die nasionale span is, het speelkans in die reeks in Johannesburg gekry.

Suid-Afrika het 23 doele in die reeks aangeteken en slegs een afgestaan.

’n Aankondiging oor die Suid-Afrikaners se moontlike reeks teen Maleisië word binnekort verwag. – Sportredaksie

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Namibie  |  Hokkie  |  Toetse  |  Reekssege
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.