Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA se Kirsten wen roei-wêreldtitel

Die 29-jarige Kirsten McCann het Vrydag in Sarasota, Florida die eerste Suid-Afrikaanse vroueroeier in die geskiedenis geword wat as ’n wêreldkampioen gekroon is.

Die Pretorianer Kirsten McCann is Vrydag by die Wêreldkampioenskappe in Florida in die VSA as Suid-Afrika se eerste vroulike roei-wêreldkampioen ooit gekroon. Foto: Fisa

McCann het die eindronde van die liggewig-afdeling vir vroue in enkelskulbote in ’n tyd van 7 minute en 38.780 sekondes gewen en meer as twee sekondes voor die naaswenner, Nederland se Marieke Keijser (07:41.000), geëindig.

Keijser is vroeër vanjaar as die o.23-wêreldkampioen gekroon en het die pas aangegee in die middel van die wedren, maar sy kon nie enduit kers vashou by McCann nie. Die Nederlandse vrou was met 500 meter oor steeds in die voortou, maar die Pretorianer het die pap kort daarna begin dik aanmaak en onder almal anders uitgeskiet.

“Ek het die ideale plan vir vandag gehad,” het ’n verheugde McCann volgens Worldrowing.com gesê. “Ek het geweet die laaste 250 meter sou baie, baie taai wees, so ek is bly ek kon so goed nael. Dis regtig ’n wonderlike gevoel.”

McCann het Suid-Afrika by verlede jaar se Olimpiese Spele in ’n dubbelskulboot saam met Ursula Grobler verteenwoordig, en groot drome van medaljesukses gekoester. Hulle het eindelik vierde in die Olimpiese eindronde geëindig.

Sedert die begin van hierdie jaar is McCann se fokus in kompetisies op die enkelskulboot, met groot sukses.

Vroeg in Julie het McCann by die Wêreldbeker-byeenkoms in Lausanne in Switserland ook goud gewen – nadat sy toe ook ’n reuse aanslag deur Keijser oorkom het.

Meer oor:  Florida  |  Roei  |  Kirsten Mccann
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.