Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA seeroeiers verower wêreld in Frankryk

Suid-Afrikaanse roeiers het Woensdag behoorlik spiere gebult by die Wêreld-seeroeibyeenkoms aan die weskus van Frankryk en nie minder nie as sewe medaljes ingeryg.

Sean Rice vier sy oorwinning in die afdeling vir senior mans by die Wêreld-seeroeibyeenkoms in Frankryk. Foto: Canoephotography.com

Drie van dié medaljes, wat in ses ouderdomskategorieë verower is, was goud.

Die roeiers is met kalm toestande, oor ’n roete van 22 km, begroet, wat beteken dat die wedvaarte in ’n geweldige tempo beslis is.

In die afdeling vir senior mans, het Sean (goud) en Kenny Rice (silwer) die eerste broers geword om die voorste twee plekke by ’n Wêreldbyeenkoms in te neem.

Sean, wat deesdae in Brittanje woon, maar steeds geesdriftig daaroor is om die Groen-en-Goud te dra, was in 2015 ook die wêreldkampioen.

Hayley Nixon op pad na ’n silwermedalje in Frankryk.Foto: Canoephotography.com

In die afdeling vir senior vroue was daar ’n titaniese stryd tussen die Nieu-Seelander Danielle Mackenzie en Suid-Afrika se Hayley Nixon.

Die Kiwi was net-net te sterk en Nixon, die wêreldkampioen in 2017, moes met die silwermedalje tevrede wees.

Suid-Afrika se ander twee goue medaljes is deur die jonger roeiers in sy span verower. Josh Fenn was baas in die o.23-afdeling, terwyl Uli Hart die junior titel syne gemaak het.

Fenn se broer Matt het ’n bronsmedalje in die junior wedvaart gewen, terwyl Kyeata Purchase derde geëindig het in die o.23-vroue se kompetisie. – Sportredaksie

Meer oor:  Sean Rice  |  Frankryk  |  Seeroei  |  Wêreld-Seeroeibyeenkoms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.