Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA sonder Dlungwana in Stellenbosch

Tyson Dlungwana sal weens ’n toonbesering nie volgende week in Stellenbosch vir die Suid-Afrikaanse manshokkiespan in die Afrikabeker-toernooi in aksie wees nie.

Die groep wat Suid-Afrika se titel moet verdedig én daarmee sy hoop lewendig hou om volgende jaar Olimpiese Spele toe te gaan, is ná Vrydagaand se laaste oefenwedstryd teen die Westelike Provinsie van 20 tot 18 besnoei.

Tyson Dlungwana. Foto: Getty Images

Die afrigter, Garreth Ewing, is afgesien van die Dlungwana-terugslag tevrede met die opbou wat hulle in aanloop gehad het.

“Daar was baie hokkie die laaste ruk vir ’n hele klompie van die spelers,” sê hy, verwysende na die Premierhokkieliga (PHL) wat verlede Sondag in Randburg ten einde geloop het. 

Die Drakensberg Dragons, met nasionale spelers soos Bili Ntuli en Jethro Eustice in sy geledere, het hul titel behou deur die Mapungubwe Mambas, wat die dienste van Ryan Julius en Tevin Kok gehad het, met 4-0 in die eindstryd te klop. 

Ntuli is as Speler van die Toernooi aangewys.

Ewing sê die paar nasionale spelers wat in die toernooi gespeel het, is opgewonde om nou weer op internasionale vlak mee te ding.

“Ons het goed geoefen en werk mooi as ’n groep,” sê die breier.

Die nasionale groep het Maandag in die Kaap saamgetrek.

Suid-Afrika het die WP Woensdagaand met 7-1 geklop en het Vrydagaand in Stellenbosch weer teen die provinsiale span geoefen.

Suid-Afrika, wat verlede maand van 16de tot 14de op die ranglys geklim het, begin sy aanslag om die Afrikabeker Maandagaand in die hoofwedstryd van die eerste dag teen Nigerië.

Dit sal die span se veteraan-doelwagter Rassie Pieterse (35) se 150ste toets wees.

Die ander spanne in die gasheer se groep is Kenia en Uganda. Egipte, Ghana, Zimbabwe en Namibië is die ander deelnemers.

In 2017 het Suid-Afrika die Afrika-titel gewen deur Egipte (toe die gasheer van die toernooi) met 2-1 in die eindstryd in Ismailia te klop. 

Meer oor:  Afrikabeker  |  Hokkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.