Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA span dra steeds geeltrui in virtuele Tour
Ryan Gibbons het Saterdag se derde skof in die virtuele Tour de France in die vyfde plek voltooi. Foto: Getty Images

Die geeltrui van vanjaar se eerste virtuele Tour de France is ná die derde skof steeds in die hande van die Suid-Afrikaanse NTT-fietsryspan.

Ryan Gibbons, wat verlede naweek die eerste skof gewen het, het Saterdag so byna weer glorie gesmaak. Hy moes egter met die vyfde plek in die skof oor 48 km in die virtuele wêreld van Frankryk op Zwift tevrede wees.

Die skof is gewen deur die Kanadees Matteo Dal-Cin (Rally) wat in die naelrit na die wenstreep toe koning gekraai het. Sy tyd was 59 minute en 24 sekondes.

Maar Gibbons kan trots voel op sy vertoning. Hy en sy spanmaats het vir die grootste gedeeltes van die skof vooraan die peloton geboer en sake dikteer. Sy spanmaat Rasmus Tiller (Noorweë) was sesde.

NTT staan nou op 193 punte, met Rally van Amerika met 156 in die tweede plek.

• Sondag se vierde skof word oor 45,8 km beslis. Die vroue se skof, dieselfde afstand en op dieselfde roete, word voor die mans s’n beslis. Suid-Afrika se Ashleigh Moolman-Pasio (CCC-Liv) sal daarvoor aantree.


Meer oor:  Tour De France  |  Ryan Gibbons  |  Ntt-Fietsryspan  |  Fietsren  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.