Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA span se Belgiese ryer wen in Italië

Die Belgiese fietsryer Victor Campenaerts, wat vir die Suid-Afrikaanse span Qhubeka Assos ry, het die 15de skof van die Giro d’Italia gewen nadat hy suksesvol van die peloton weggebreek het tydens ’n uitdagende rit van 147 km tussen Grado en Gorizia.

Dit was die Suid-Afrikaanse span se derde skofsege.

Die Qhubeka Assos-fietsryer Victor Campenaerts van België vier sy oorwinning in die 15de skof van die Giro d’Italia. Foto: Reuters

Egan Bernal van Colombië is steeds die algehele voorloper met ’n voorsprong van 93 sekondes oor die Brit Simon Yates.

Campenaerts het onder Oscar Riesebeek van Nederland weggetrek nadat Riesebeek laat in die ren saam met Campenaerts van die groep weggebreek het.

Ná ’n uitmergelende 14de skof na die Monte Zoncolan, het die peloton toegelaat dat 15 stuks ryers wegbreek in ’n wedren wat gelyk het na ’n herstel-ren vir die meeste van die algehele titelaanspraakmakers.

Emanuel Buchmann se hoop is verydel in ’n groot botsing wat die organiseerders genoop het om die ren vir 15 minute binne die eerste drie kilometer tydelik te stop.

Buchmann van Duitsland, wat sesde op die algehele puntestand is, het saam met Jos van Emden van Nederland en Natnael Berhane prysgegee, terwyl Ruben Guerreiro van Portugal later kop uitgetrek het nadat hy nie by die spoed van die peloton kon byhou nie.

Maandag se 16de skof is ’n trek van 212 kilometer oor die berge van Sacile na Cortina d’Ampezzo. – Reuters

Meer oor:  Qhubeka Assos  |  Fietsry  |  Giro D’Italia
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.