
Lilian du Plessis Foto: Gallo Images
Die Suid-Afrikaanse vroue-hokkiespan moes met ’n gelykopuitslag met 2-2 teen Wallis in sy eerste wedstryd in die eindronde van sy FIH-reeks in Valencia, Spanje tevrede wees.
Die Suid-Afrikaners sal hulself skop nadat hulle met die begin van die laaste kwart nog met 2-1 voorgeloop het.
Wallis het in die eerste vyf minute van die kwart vir die eerste keer in die wedstryd gelyk of hy beheer het.
Wallis het die beslissende kwart met vier agtereenvolgende strafhoeke begin. Wallis se kaptein, Leah Wilkinson, in haar 160ste wedstryd, het in die 49ste minuut dit weer gelykop gemaak toe sy met ’n strafhoek afgerond het.
Al vier die doele van die wedstryd is ná strafhoeke aangeteken.
Wallis het rustyd met 1-0 voorgeloop ná ’n doel van Sian French met haar span se derde strafhoek in die 19de minuut.
Suid-Afrika was in die eerste kwart vyf keer teenoor die Walliesers se twee kere binne die doelsirkel, maar het niks gehad om daarvoor te wys nie, anders as die span in rooi wat darem twee strafhoeke kon afdwing.
Tarryn Glasby het Suid-Afrika se eerste en enigste strafhoek van die eerste helfte afgedwing, maar dit was die Walliesers wat die voortou geniet het na die eerste halfuur.
Suid-Afrika was met ses strafhoeke in die derde kwart, waarvan Lilian du Plessis en Quanita Bobbs twee afgerond het, totaal in beheer.
Suid-Afrika was met ses strafhoeke in die derde kwart, waarvan Lilian du Plessis en Quanita Bobbs twee afgerond het, totaal in beheer.
Die spanne sal albei bekommerd wees omdat hulle nie meer van hul strafhoeke in doele omskep het nie.
Wallis se Sophie Robinson sal ook nagmerries hê omdat sy teen die einde, ná ’n blaps op die verdediging haar in besit gestel het, met niemand in die doelhok die bal teen die kant vasgeslaan het.
* Italië, die Suid-Afrikaners se tweede groepteenstander Donderdag, het Thailand met 7-0 Woensdag geklop.